# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het aangekondig dat Transnet 35-miljard-rand van die Nasionale Tesourie gaan aanvra vir infrastruktuur-opgraderings tot 2030. Sy het aan Bloomberg gesê die fondse is noodsaaklik om hawe-doeltreffendheid te verbeter en bedrywighede te bestendig. Creecy sê die kapitaal sal hoofsaaklik vir nuwe spoorwegroetes en gevorderde hawekoördinering-sagteware aangewend word. Dié versoek […]
# Die Suid-Afrikaanse lugredery Airlink en Qatar Airways gaan hul kode-delingsvennootskap vanaf 31 Augustus uitbrei, met Airlink wat sy 4Z-kode by Katarse vlugte voeg. Die ooreenkoms sal Airlink toelaat om Doha as sy eerste langafstand-bestemming te bemark, met kodedeelvlugte vanaf Johannesburg, Kaapstad en Durban. Die vennootskap sal later na meer bestemmings binne Qatar Airways se […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare is bekommerd oor opmerkings van die ekonoom Dawie Roodt dat onderwysers se salarisse halveer moet word sodat die regering meer onderwysers in diens kan neem. Die vakbond stem saam Suid-Afrika benodig dringend meer onderwysers om oorvol klaskamers uit te skakel en onderrig en leerwerk te verbeter. Die woordvoerder, Claude Naicker, […]
# Cosatu in Gauteng vra die Gautengse Departement van Gesondheid om te verseker die nuwe mobiele klinieke word behoorlik beman, toegerus, onderhou en ontplooi in gemeenskappe waar dit die nodigste is. Cosatu se voorsitter, Amos Monyela, sê gehalte-gesondheidsorg is ‘n noodsaaklike openbare diens en toegang tot gesondheidsorg is veral belangrik in werkersklas-gemeenskappe, omdat lang afstande, […]
# Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, verstaan nie waarom hy aangekeer is en nie bloot versoek is om ‘n waarskuwingsverklaring af te lê nie. Hy staan in die Landdroshof in Pinetown, KwaZulu-Natal, tereg op aanklagte van bedrog en regsverydeling. Die saak is tot 11 September uitgestel, terwyl hy volgende week voor […]
# Israel se ambassadeur in die Verenigde Nasies, Danny Danon, verwerp die standpunt dat nedersettings ‘n struikelblok vir vrede is. Die VN se Veiligheidsraad is bekommerd oor toenemende setlaarsgeweld, die sloop van geboue en die ontworteling van Palestynse burgerlikes in die besette Wesoewer. Alle Israelse nedersettings word volgens internasionale reg as onwettig beskou. Danon sê […]
# ‘n Gesamentlike misdaadvoorkomingsoperasie wat gister in Brooklyn en Sunnyside in Tshwane uitgevoer is, het gelei tot die inhegtenisneming van 332 verdagtes vir verskeie oortredings. ‘n Polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê die verdagtes is aangekeer vir misdade wat wissel van moord en poging tot moord tot gewapende roof. Hy sê altesaam 61 ongedokumenteerde buitelandse burgers […]