# Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, sê die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se leningskema vir die sogenaamde ontbrekende middel moet dringend hersien word. Dit sluit in dat die kwalifiserings- en aansoekproses vergemaklik word. Meer as 53-duisend studente het vanjaar aansoek gedoen, maar slegs drie-duisend-102 het gekwalifiseer. Manamela verwelkom die toename in aansoeke, […]
# Minstens vier mense is dood nadat rekord-reënval in Japan se Chiba-streek ongekende oorstromings veroorsaak het. Vyf mense is beseer en een word vermis terwyl meer as 400-duisend mense onmiddellik moes ontruim. Meer as 45-duisend wonings is sonder elektrisiteit. Japan se meteorologiese agentskap het die hoogste vlak vyf-waarskuwing uitgereik vir swaar reën en modderstortings. Chiba […]
# Die Tshwane Metropolisiediens het hierdie week tydens die afdwing van verordeninge 48 ongedokumenteerde buitelanders in Pretoria-Noord, Centurion, Sinoville en Cullinan in hegtenis geneem. Dit het deel uitgemaak van voortgesette optredes om verordeninge af te dwing, openbare veiligheid te bevorder en te verseker daar word aan nasionale wetgewing voldoen. Die woordvoerder van die Metropolisie in […]
# Die Nasionale Dobbelraad maan landsburgers om hul huishoudelike finansies te beskerm en versigtig te wees wanneer hulle dobbel. Volgens Ou Mutual se jongste spaar- en beleggingsmonitor dobbel 53-persent werkende Suid-Afrikaners terwyl 42-persent sê hulle dobbel dikwels om uitgawes of skuld te dek. Sportweddenskappe is die algemeenste dobbelgewoonte, gevolg deur slotmasjiene en die Lotto. Waarnemende […]
# Die vakverbond Cosatu sê hulp is dringend nodig om skole toe te rus met hulpmiddels, insluitend onderwysers, om oorvol klaskamers en uitgeputte onderwysers te voorkom. Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het onlangs bekend gemaak daar is meer as 27-duisend vakante onderwysposte. Die Oos-Kaap het die meeste, naamlik vyf-duisend-730. Cosatu se woordvoerder, Nonzuzo […]
# Rugby: Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê spelers kan steeds die groep haal vir die eerste toets teen die Springbokke, afhangende van hulle vertoning teen die Bulle. Hy het ʼn sterk groep aangewys vir môre se kragmeting op Loftus, maar sê dit verskil aansienlik van die een vir volgende Saterdag se toets […]