# Rugby: Die agtsteman en kaptein Harry Watson is terug in die Wallabies se opdrafspan vir môre se toets teen Argentinië in Mendoza. Allan Alaalatoa was kaptein toe Australië die Pumas verlede Saterdag in San Salvador 27-21 geklop het, maar kry ruskans. Hoofafrigter Les Kiss het agt veranderings aangebring as deel van die rotasiebeleid wat […]
# Die Europese Unie verskerp die afdwinging van sanksies teen Rusland en oorweeg groter steun aan Oekraïne. Die EU het sedert 2022 reeds 21 stelle sankies teen Moskou ingestel, gemik op die finansiële, die energie- en die handelsektor. Die visepresident van die Europese Kommissie, Kaja Kallas, sê die EU-ministers van Buitelandse Sake oorweeg dit om […]
# Tennis: Die Australiër Nick Kyrgios het ʼn verminderde skorsing van ‘n maand aanvaar en uitgedien nadat hy positief getoets het vir kokaïen. Die 31-jarige speler is vroeg verlede maand voorlopig geskors nadat ʼn monster wat hy in Junie tydens die Majorka Ope in Spanje gegee het, positief getoets het vir ʼn kokaïen-metaboliet. Kyrgios het […]
# Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings sê die DA se verklaring oor die onwettige besetting van behuisingsprojekte is misleidend. Die party beskuldig die departement dat hy versuim om behuisingsprojekte te beskerm en sê 14 is die afgelope vyf jaar onwettig beset – onder meer Eagle Nest, Western Mega Project en Danville. Woordvoerder Tahir Sema […]
# ʼn Vier-en-veertigjarige lid van die Mpumalanga-polisie se blitspatrollie is tydens ʼn vroë-oggend-operasie by die Secunda-polisiekantoor gearresteer. Hy word na bewering verbind met die kaping van vragmotors wat diesel in die provinsie vervoer. Mpumalanga se polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die beampte se betrokkenheid het aan die lig gekom tydens ʼn ondersoek na vier ander verdagtes […]
# Tennis: Die 40-jarige Fransman Gael Monfils het sy laaste Grand Slam-wedstryd gespeel, maar in die Amerikaanse Ope se tweede ronde teen die Amerikaner, Learner Tien, verloor. Karen Khachanov van Rusland het die wêreld-nommer-vier, Felix Auger-Aliassime van Kanada, getroef. In die vroue-afdeling het die tweede gekeurde Kazak, Elena Rybakina, ʼn oorwinning oor Jessica Bouzas Maneiro […]