# Tennis: Die 40-jarige Fransman Gael Monfils het sy laaste Grand Slam-wedstryd gespeel, maar in die Amerikaanse Ope se tweede ronde teen die Amerikaner, Learner Tien, verloor. Karen Khachanov van Rusland het die wêreld-nommer-vier, Felix Auger-Aliassime van Kanada, getroef. In die vroue-afdeling het die tweede gekeurde Kazak, Elena Rybakina, ʼn oorwinning oor Jessica Bouzas Maneiro van Spanje behaal. Die Amerikaner, Coco Gauff, is ook deur na die derde rondte ná ʼn naelskraapse sege oor die Spanjaard, Paula Badosa. Naomi Osaka van Japan het die Tsjeg, Katerina Siniakova, geklop.
Tennis: Auger-Aliassime by Amerikaanse Ope uitgeskakel en Monfils speel sy laaste Grand Slam-wedstryd