# Die meeste stemgeregtigde Suid-Afrikaners gaan nie aan volgende maand se plaaslike regeringsverkiesing deelneem nie weens ontnugtering onder jongmense, wantroue en verbreekte politieke beloftes. Volgens Daily Maverick toon inligting deur die marknavorsingsfirma Ipsos dat 47-persent van deelnemers voel geen politieke party verteenwoordig hul standpunte nie, en 38-persent het geen belangstelling in politiek of verkiesings nie. […]
# Polisie in Gauteng ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord na ʼn skietvoorval gisteraand op die R-21 in die rigting van OR Tambo Internasionale Lughawe. Volgens onbevestigde berigte is die slagoffer Preggy Padayachee, ʼn familielid van die voormalige adjunkhoof van Intelligensie, Feroz Khan, wat na verwagting vandag voor die Madlanga-kommissie getuig. ʼn […]
# Rugby: Die Stormers se verdedigingsafrigter, Norman Laker, sê hy is vol vertroue dat die terugkerende Springbokke naatloos sal inskakel by die span se stelsel. John Dobson se span wil opmaak ná hul nederlaag teen Edinburgh wanneer hulle Saterdag die Haaie in die Verenigde Rugbykampioenskap takel. Die Stormers het byna ʼn volledige groep Bok-spelers beskikbaar […]
# Die Internasionale Strafhof het vier lasbriewe vir inhegtenisneming bekendgemaak teen senior Taliban-leiers. Hulle word beskuldig dat hulle vroue en meisies in Afganistan vervolg het, wat op ʼn misdaad teen die mensdom neerkom. Die vier sluit in die Taliban-opperleier, Haibatullah Akhundzada, en hoofregter Abdul Hakim Haqqani. Die hof voer aan daar is redelike grond om […]
# Die Regterlike Dienskommissie het besluit om regters Gerald Bloem, Mmathebe Phatshoane en Esther Steyn by president Cyril Ramaphosa aan te beveel vir drie vakante poste by die Appèlhof. Bloem is gister tydens sy onderhoud uitgevra oor sy beslissing wat Shell se eksplorasie van olie en gas aan die Wildekus uiteindelik verbied het. Phatshoane het […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump het ‘n uitvoerende bevel onderteken om beperkings op die gebruik van ‘n belastingvrye soort diesel te verslap, ten einde dieselpryse, wat naby rekordvlakke is, te verlaag. Volgens die Withuis sal die bevel “gekleurde” diesel, wat gewoonlik vir veldgebruik bedoel is, tydelik op hoofweë toelaat, en die toepaslike federale aksynsbelasting […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Coco Gauff, sê sy is op sosiale media aan rassistiese aanvalle blootgestel na haar oorwinning oor Sun Xinran by die Chinese Ope in Beijing. Die Amerikaner was 4-5 voor in die eerste stel toe Sun gedink het sy het ʼn kishou geslaan. Gauff het egter ophou speel oor ʼn flikkerende lig […]
# Die ANC het die Nasionale Tesourie gevra om die brandstof- en Padongelukkefondsheffings te verlaag om Suid-Afrikaners te beskerm teen die uitwerking van die rekordstygings in brandstofpryse. Petrolpryse styg van môre af met tussen drie-rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter; dieselpryse met tussen twee-rand-84-sent en drie-rand-24-sent per liter, en die prys van paraffien met vier-rand-77-sent per […]
# Die topverkoper-skrywer en gewese politikus, Jeffrey Archer, is op 86 oorlede. Hy het ʼn suksesvolle loopbaan gehad as romanskrywer en het wêreldwyd meer as 300-miljoen boeke verkoop, insluitend die Clifton Chronicles en Kane and Abel. Archer se politieke loopbaan het in 1967 begin. Hy was vyf jaar lank ʼn Konserwatiewe parlementslid voor hy as […]