# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê alhoewel Suid-Afrika buitelandse kapitaal wil hê, wil hy op tuisgrond prosessering-, vervaardiging- en verwerkingsvermoë bou. Die land het in die tweede kwartaal vanjaar regstreekse invloei van buitelandse beleggings van 49,8-miljard-rand aangeteken. Minister Ntshavheni sê die land se energie-, telekommunikasie- en myn-reëls word deur Suid-Afrikaners volgens die Grondwet […]
# Die Russiese leër waarsku hy gaan aanvalle op die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, en ander stede verskerp in reaksie op opmerkings wat president Volodymyr Zelensky verlede week gemaak het. ʼn Russiese hommeltuig het gister Kiëf se belangrike Noordelike Brug oor die Dnipro-rivier getref en twee mense is beseer. Dis die vierde agtereenvolgende dag dat Moskou brûe […]
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party werk hard om homself te vernuwe en verlore ondersteuning voor die plaaslikeregeringsverkiesing in te haal. Hy het Sondag by ʼn geleentheid by die Evangeliese Presbiteriaanse Kerk in Gonubie in die Oos-Kaap gepraat. Die ANC se aandeel in die nasionale munisipale stemme het van 53,9-persent in 2016 […]
# Rugby: Die Springbok-vroue het hulle W15 Global Series-toer in Europa met ʼn oorwinning van 20-0 oor Spanje afgesluit. Teen rustyd in Sevilla was Suid-Afrika met 10-0 voor. Na drie drieë deur Catha Jacobs, Aseza Hele en Jakkie Cilliers in uiters warm weerstoestande, het die span hulle sewende agtereenvolgende oorwinning oor die Spanjaarde behaal. Franzel September, […]
# Die DA het aan die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, geskryf en geëis dat die komende misdaadstatistieke akkurate, uiteengesette data oor misdade teen vroue en kinders bevat. Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa ‘n plan aangekondig het om geslagsgeweld en vrouemoord aan te spreek, insluitend ‘n befondsde plan om forensiese agterstande in te […]
# Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Bozell, het die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, beskuldig dat hy hom beledig het. Hy sê die Suid-Afrikaanse regering wonder gevolglik waarom betrekkinge verbrokkel. In ‘n gesprek met die Sunday Times het die minister gesê hy was geskok deur Bozell se opmerking dat die tyd […]
# Motorsport: Max Verstappen het sy eerste oorwinning van die seisoen vir Red Bull behaal tydens ‘n chaotiese Bahreinse Grand Prix in Maleisië wat gekenmerk is deur stortreën, ‘n lang vertraging tydens wegspring en veiligheidsmotors. Kimi Antonelli van Mercedes was tweede en het sy bestuurderskampioenskaps-voorsprong bo sy spanmaat George Russell tot 84 punte vergroot nadat […]
# Die Globale Veldtog teen Transnasionale Georganiseerde Misdaad sê as politieke sluipmoorde geïgnoreer word, verskraal dit demokratiese keuse, benadeel plaaslike regering en laat misdadigers toe om te besluit wie die mag het. Twee-en-veertig mense is reeds vanjaar dood in vermeende politieke sluipmoorde in Suid-Afrika in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing – die meeste in KwaZulu-Natal, […]
# Krieket: Die Wanderers in Johannesburg sal op 21 November volgende jaar, soos in 2003, die eindstryd van die eendag-Wêreldbekertoernooi aanbied. Indië en die verdedigende kampioen, Australië, speel op 7 Oktober in die openingswedstryd op Nuweland in Kaapstad, waar die eerste halfeindstryd ook sal plaasvind, en die tweede in Centurion. Die toernooi vind plaas in […]