Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 23 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die eksklusiwiteitskontrakte vir kruideniersgroepe in winkelsentrums verstryk teen die einde van Desember wat meebring dat sentrums moet voorberei vir groter mededinging en die verbruiker ‘n wyer keuse gestel word. # Mail & Guardian: Skryf die koerant het ondersoek ingestel […]
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê munisipaliteite moet op gemeenskappe se behoeftes reageer en bevoeg wees om hul grondwetlike pligte na te kom. President Cyril Ramaphosa het gister die hersiene Witskrif oor Plaaslike Regering bekendgemaak terwyl die regering ʼn nuwe benadering tot munisipale bestuur en dienslewering wil volg. Hlabisa […]
# Die Franse president Emmanuel Macron sê “onwettige” betogings sal in die komende dae verbied word en pak die skuld vir geweld op “opruiende” ultra-linkse groepe en vandale. Betogings oor die toestand van skole en hoë lewenskoste het in landwye geweld en oproer ontaard en meer as twee-duisend mense is die afgelope naweek gearresteer. Owerhede […]
# Die ANC het sy nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, opdrag gegee om verskoning te vra vir opmerkings wat hy oor vroue gemaak het tydens sy Noordwes-veldtog in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing. In reaksie op ʼn Newzroom Afrika-joernalis se vraag oor seks vir werke, het Mantashe na vroue se geslagsdele verwys. Die ANC sê hy erken […]
# Rugby: Die Bulle gaan ʼn paar weke sonder die Springbok-skrumskakel, Embrose Papier, moet klaarkom nadat hy geopereer is. Die 29-jarige speler het verlede Saterdag ʼn enkelbesering opgedoen in die Bulle se 56-20 Kampioene-beker-oorwinning oor Stade Français. Papier se afwesigheid laat Paul de Wet en Zak Burger as skrumskakel-opsies vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen […]
# Die Suid-Afrikaanse Lugdiens sê hy vorm deel van ‘n uitdagende en wisselvallige lugvaartomgewing, waar geopolitieke ontwikkelinge bydra tot hoër bedryfskoste, veral wat brandstof betref. Dit kom te midde van berigte dat die staatslugredery sy personeel ingelig het dat hul salarisse vir Oktober, vir die tweede agtereenvolgende maand, laat betaal sal word. SAL-woordvoerder Mphilo Dlamini […]
# Krieket: Die Protea-kaptein, Temba Bavuma, is trots op hoe die span saamgestaan het om die reën-ontwrigte tweede toets teen Australië in Gqeberha te wen. Suid-Afrika het met ‘n beurt en 31 lopies geseëvier en die reeks sal nou volgende week in Kaapstad beslis word. Bavuma het uitgeblink met ‘n loopbaanbeste 179, terwyl die snelboulers […]
# Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Johnstone Makhubu, sê volhoubare inkomste-groei hang uiteindelik af van ekonomiese groei, belegging, werkskepping en nakoming. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het in die Mini-begroting die geraamde inkomste aangepas van 2,14-duisend-miljard-rand in 2026/2027 tot 2,53-duisend-miljard-rand in 2029/2030. Makhubu sê hulle span kunsmatige-intelligensie-agente in om die res van die […]
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê geen land is immuun teen Ebola nie, en hoewel geen gevalle in Suid-Afrika aangemeld is nie, bly die land op hoë gereedheidsgrondslag. Die Demokratiese Republiek die Kongo is steeds die middelpunt van die uitbreking. Dit het reeds vier-duisend-600 lewens geëis van meer as nege-duisend-500 gevalle. Gevalle is […]