# Amnestie Internasionaal in Amerika sê Christa Pike se mislukte teregstelling bewys weereens dat die doodstraf wreed, onmenslik en vernederend is. Sy is in 1995 ter dood veroordeel weens moord, en het Woensdagaand twee dodelike inspuitings oorleef. Pike sou die eerste vrou in meer as 200-jaar wees wat in Tennessee tereggestel word. Woordvoerder Justin Mazzola […]
# Suid-Korea se president, Lee Jae Myung, het Kiëf beskuldig dat hy ʼn vertroulikheidsooreenkoms verbreek het deur die oorhandiging van twee Noord-Koreaanse krygsgevangenes bekend te maak. Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, het verlede week by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering aangekondig dat sy regering twee Noord-Koreaanse soldate aan Seoel oorhandig het. Die twee soldate was […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê terwyl geopolitieke druk kostes vir huishoudings opjaag, bevorder die regering ʼn geïntegreerde vervoerstelsel wat ontwerp is om openbare vervoer veiliger en meer bekostigbaar te maak. Oktober is Vervoer-maand. Creecy sê haar departement is besig om die openbarevervoer-toelaagstelsel te verander na ʼn verenigde ondersteuningsmodel wat op sekere roetes vir […]
# Gholf: Sewe Suid-Afrikaners is op die hakke van die gesamentlike voorlopers, wêreld-nommer-979 Michael Stewart van Skotland en die Australiër, Jack Buchanan, op sewe-onder-baansyfer by die Alfred Dunhill Links-kampioenskap. Die toernooi word op drie gholfbane gespeel: Carnoustie, Kingsbarns en St Andrews. Die heersende Suid-Afrikaanse Ope-kampioen, Casey Jarvis, is op ses-onder-baansyfer 66 by Carnoustie, terwyl sy […]
# Suid-Afrika se enkele rykste miljardêr besit meer rykdom as die armste 70-persent van die bevolking saam. Dit is volgens ʼn nuwe verslag van Oxfam South Africa. Dit het bevind die rykste een-persent landsburgers het 54,9-persent van die land se rykdom in 2024 besit, terwyl die onderste helfte van die bevolking negatiewe rykdom het. Oxfam […]
# Rugby: Die Haaie het met die terugkeer van Springbok-spelers ʼn hupstoot gekry vir môre se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die heersende kampioene, Leinster, in Durban. Andre Esterhuizen voer die span aan, en Thomas du Toit en Edwill van der Merwe keer terug na die beginspan. Ox Nche, Eben Etzebeth en Ethan Hooker is op die […]
# Die polisie se politieke-moordetaakspan het die Knysna-munisipaliteit in die Wes-Kaap se burgemeester, munisipale bestuurder en finansiële hoof gearresteer. Dit hou verband met ʼn ondersoek na beweerde korrupsie met ʼn veiligheidsdienskontrak. Hoewel die polisie nie die munisipaliteit of amptenare se name bekendgemaak het nie, het die munisipaliteit die inhegtenisnemings in ʼn verklaring bevestig. Die nasionale […]
# President Donald Trump van Amerika erken dat die sewe maande lange oorlog teen Iran die Republikeinse Party se kanse in die November-middeltermyn-verkiesing kan belemmer. Hy het voorheen gewaarsku Teheran wil nie voor die verkiesing ʼn ooreenkoms bereik nie. Iran het onlangs ʼn skietstilstand van sewe dae voorgestel, en dat die Straat van Hormoes in […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 02 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Johannesburgse partyleiers van die ANC, DA, EFF, IFP en ActionSA het hewig gebots in ‘n debat oor koalisies en korrupsie in die stad. Die partye het ook verskil oor dienslewering, behuising en immigrasie. # Mail & Guardian: Skryf […]