# Die ANC het sy nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, opdrag gegee om verskoning te vra vir opmerkings wat hy oor vroue gemaak het tydens sy Noordwes-veldtog in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing. In reaksie op ʼn Newzroom Afrika-joernalis se vraag oor seks vir werke, het Mantashe na vroue se geslagsdele verwys. Die ANC sê hy erken […]
# Rugby: Die Bulle gaan ʼn paar weke sonder die Springbok-skrumskakel, Embrose Papier, moet klaarkom nadat hy geopereer is. Die 29-jarige speler het verlede Saterdag ʼn enkelbesering opgedoen in die Bulle se 56-20 Kampioene-beker-oorwinning oor Stade Français. Papier se afwesigheid laat Paul de Wet en Zak Burger as skrumskakel-opsies vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen […]
# Die Suid-Afrikaanse Lugdiens sê hy vorm deel van ‘n uitdagende en wisselvallige lugvaartomgewing, waar geopolitieke ontwikkelinge bydra tot hoër bedryfskoste, veral wat brandstof betref. Dit kom te midde van berigte dat die staatslugredery sy personeel ingelig het dat hul salarisse vir Oktober, vir die tweede agtereenvolgende maand, laat betaal sal word. SAL-woordvoerder Mphilo Dlamini […]
# Krieket: Die Protea-kaptein, Temba Bavuma, is trots op hoe die span saamgestaan het om die reën-ontwrigte tweede toets teen Australië in Gqeberha te wen. Suid-Afrika het met ‘n beurt en 31 lopies geseëvier en die reeks sal nou volgende week in Kaapstad beslis word. Bavuma het uitgeblink met ‘n loopbaanbeste 179, terwyl die snelboulers […]
# Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Johnstone Makhubu, sê volhoubare inkomste-groei hang uiteindelik af van ekonomiese groei, belegging, werkskepping en nakoming. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het in die Mini-begroting die geraamde inkomste aangepas van 2,14-duisend-miljard-rand in 2026/2027 tot 2,53-duisend-miljard-rand in 2029/2030. Makhubu sê hulle span kunsmatige-intelligensie-agente in om die res van die […]
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê geen land is immuun teen Ebola nie, en hoewel geen gevalle in Suid-Afrika aangemeld is nie, bly die land op hoë gereedheidsgrondslag. Die Demokratiese Republiek die Kongo is steeds die middelpunt van die uitbreking. Dit het reeds vier-duisend-600 lewens geëis van meer as nege-duisend-500 gevalle. Gevalle is […]
# Die MK-party sê hy word nie gebluf deur die tydelike, onvolhoubare maatreëls in die Mini-begroting te midde van ʼn voortslepende ekonomiese krisis nie. ʼn Partywoordvoerder, Kwenza Madlala, sê die enigste aanvaarbare begroting moet werkskepping en ekonomiese groei bevorder. Hy sê die tydelike verlaging waar die dieselheffing met drie-rand en petrolheffing met een-rand-50-sent per liter […]
# Sokker: Declan Rice het ‘n laat ‘n gelykmaker vir Arsenal aangeteken om vir ‘n twee-elk gelykop uitslag teen Bayern München in die Kampioeneliga in Duitsland te sorg. Eberechi Eze het die openingsdoel vir die Gunners aangeteken voor Harry Kane vir die gashere met sy tiende agtereenvolgende doel geslaag het. Bayern het toe ‘n strafskop […]
# Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het nie-noodsaaklike personeel en familielede by sy ambassade en satellietkonsulate in Riaad, Saoedi-Arabië, beveel om die land te verlaat. Dit is te midde van toenemende aanvalle deur die Iran-gesteunde Houthi’s in Jemen. Woensdag het Saoedi-Arabië sewe hommeltuie onderskep, insluitend een wat die Shaybah-olieveld geteiken het, wat twee mense […]