# President Cyril Ramaphosa sê die Mini-begroting is progressief en daarop gemik om Suid-Afrika se finansies te bestendig, ekonomiese groei te versterk en burgers se probleme aan te spreek. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het die groeivooruitsig vir 2026 verlaag van 1,6-persent tot 1,2-persent, en nog 38,1-miljard-rand se besparing oor die medium termyn geïdentifiseer. […]
# Die Vryheidsfront Plus sê ’n welkome teenwig in die mini-begroting is die belastinginkomste wat hoër as verwag was, asook die bestendiging van die begrotingstekort en die gepaardgaande staatskuld. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het ’n afwaartse hersiening van die regering se ekonomiese groeivoorspelling vir 2026 aangekondig, van die 1,6-persent wat in die Februarie-begroting […]
# Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, verskyn na verwagting vandag in die Musina-landdroshof in Limpopo. Hy staar bykomende aanklagte in die gesig oor vermeende diefstal en geldwassery wat verband hou met twee voertuie wat aan ABSA behoort. Carrim is tans in aanhouding en wag op uitspraak in ʼn borgtogaansoek vir oortreding van die Wet […]
# Die Kremlin-assistent Yury Ushakov sê Rusland is bereid om driesydige onderhandelings met Amerika en Oekraïne te hervat en op ’n naoorlogse veiligheidsraamwerk te fokus. Dit volg nadat die Russiese president, Vladimir Putin, en president Donald Trump se spesiale gesant, Steve Witkoff, gister in die Russiese stad, St. Petersburg, vergader het. Moskou het maande lank […]
The headlines of the leading newspapers on 22 October 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports the Treasury is proposing a Fiscal Anchor Act to strengthen stability. The Act aims to establish rules for South Africa regarding the limits on government spending and borrowing. # And the Netwerk24 website: Reports the controversial businessman from the North […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 22 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Tesourie stel ‘n Wet op Fiskale Anker voor om bestendigheid te versterk. Die wet het ten doel om vir Suid-Afrika reëls neer te lê oor hoeveel die land kan uitgee en leen. # En die Netwerk24-webblad: Berig die […]
# President Emmanuel Macron van Frankryk beskuldig buitelandse leiers dat hulle vir politieke gewin “dom opmerkings” maak oor die onluste in sy land. Betogings oor die toestand van onderwys en lewenskoste in Frankryk het die naweek ontaard in landwye oproer en geweld. Meer as twee-duisend mense is die afgelope naweek gearresteer. President Donald Trump van Amerika […]
# Krieket: Australië het 156 vir vier aangeteken in hul tweede beurt op die voorlaaste dag van die tweede toets teen Suid-Afrika in Gqeberha en kort nog 170 lopies. Die Protea-boulers het die besoekers in hul eerste beurt op 99 almal uitgehaal met Marco Jansen wat vyf paaltjies platgetrek het. Suid-Afrika het hul eerste beurt op […]
Die ANC verwelkom die Mini-begroting, en loof veral die tien-miljard-rand aan brandstofverligting, asook die voortgesette ondersteuning vir meer as 18-miljoen ontvangers van toelaes. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het gister die Mini-begroting in die Parlement voorgelê waar hy ʼn verlaging in die algemene brandstofheffing aangekondig het. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die […]