The headlines of the leading newspapers on 02 October 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports Johannesburg party leaders from the ANC, DA, EFF, IFP, and ActionSA clashed fiercely in a debate regarding coalitions and corruption in the city. The parties also differed on issues of service delivery, housing, and immigration. # Mail & Guardian: Reports […]
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê belegging in toerisme-infrastruktuur is noodsaaklik om seker te maak die sektor kan op die toenemende eise reageer. Volgens Statistiek Suid-Afrika het toerisme in 2024 953-duisend-981 mense regstreeks in diens gehad. Dit is 5,7-persent van die totale arbeidsmag, terwyl die bydrae tot die ekonomie 4,9-persent van die […]
# Die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane het toestemming ontvang om te appelleer teen ʼn Hooggeregshof-bevel in die lastersaak teen EFF-leier Julius Malema. Die kwessie spruit uit Malema se verklaring dat Mabuyane ʼn meestersgraad van die Universiteit van Fort Hare “gesteel” het. Die premier sê die verklaring impliseer bedrog, oneerlikheid en misdadige gedrag. Mabuyane se dringende hofaansoek […]
# Krieket: Die mede-gasheerland, Suid-Afrika, is in die groepfase van die 2027 Mans-Wêreldbeker in Groep B saam met Engeland, Bangladesj, Sri Lanka, Nieu-Seeland en ʼn kwalifiseerder. Die verdedigende kampioene, Australië, is in Groep A saam met Indië, Pakistan, Afghanistan, mede-gasheerland Zimbabwe en ʼn kwalifiseerder. Die Proteas begin hul veldtog op 9 Oktober teen Nieu-Seeland op […]
# Die Britse teenterrorisme-polisie het ʼn Brits-Iranse burger in Westminster, Londen, in hegtenis geneem in verband met die voorval by RAF Fairford. Die 26-jarige man is aangekeer weens vermeende voorbereiding van “terrorisme-dade”. Die polisie het intussen ʼn tweede man, ʼn 26-jarige Britse burger, ondervra en twee eiendomme deursoek. Die polisie het vyf mans wat Sondag […]
# Die Departement van Korrektiewe Dienste in Tennessee het sy optrede verdedig nadat beamptes Woensdagaand nie daarin kon slaag om Christa Pike tereg te stel nie. Gevangenisbeamptes het twee dodelike dosisse pentobarbital aan Pike toegedien, maar sy het dit oorleef en is na die hospitaal geneem. Die 50-jarige is in 1996 ter dood veroordeel vir […]
# Rugby: Springbok-kaptein Siya Kolisi sal vanaand vir die eerste keer in vyf jaar vir die Stormers uitdraf wanneer hulle in Skotland teen Edinburgh in die Verenigde Rugbykampioenskap te staan kom. Hy sal as oopkantflank begin, met Louw Nel wat na die kortkant skuif, terwyl Riley Norton in die tweede ry speel. Die enigste ander […]
# President Cyril Ramaphosa het opvoeders en die breër onderwysgemeenskap gevra om te help teen geslagsgeweld en vrouemoord, en gesê skole het ‘n rol om te speel om geweld te voorkom voordat dit plaasvind. Hy het gister ’n toespraak gelewer by die 26ste Nasionale Onderwystoekennings in Ekurhuleni. Ramaphosa sê skole moenie seksuele teistering, mishandeling of […]
# Sokker: Manchester City se hoofborg, Etihad-lugredery, oorweeg regstappe teen die Engelse Premierliga. City is skuldig bevind aan al die aanklagte in verband met die verbreking van die liga se finansiële reëls tussen die 2009-2010 en 2017-2018 seisoene. ‘n Onafhanklike kommissie het bevind die klub het vals kontrakte met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan […]