Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 01 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die taxibaas, Joe ‘Ferrari’ Sibanyoni, het voor die Madlanga-kommissie ontken dat hy enige aandeel gehad het aan die brandstigting van 51 busse ná ‘n vergadering deur president Cyril Ramaphosa in Mpumalanga in 2025. Getuienis voor die kommissie dui op […]
# Krieket: Australië het Suid-Afrika met 45 lopies verslaan ingevolge die Duckworth–Lewis–Stern-metode nadat reën die laaste eendagwedstryd in Potchefstroom kortgeknip het. Alex Carey het die beste gevaar met 74 van 88 balle en die besoekers het 322 vir nege behaal. Ryan Rickelton het daarna ʼn onoorwonne 71 van 81 balle aangeteken, maar die Proteas was […]
# Die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, is vrygespreek in die strafregtelike saak wat verband hou met die Absa-Bankorp-kwessie. Dit volg na die Staat se terugtrekking van die aanvanklike en hoofaanklag van meineed teen haar. Die saak handel oor bewerings dat Mkhwebane onder eed gelieg het oor die aantal kere wat sy met oudpresident Jacob […]
# Die adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, sê die Presidensiële Jeug-indiensnemingsingryping kan nie slegs werkloosheid aanspreek nie. Sy sê die omvang en ingewikkeldheid van die uitdaging vereis voortgesette samewerking tussen die regering, sakesektor, burgerlike samelewing, onderwysinstellings en ander vennote. In die eerste kwartaal van die 2026/2027-boekjaar het die Indiensnemingsingryping 139-duisend-693 geleenthede vir jongmense deur die […]
Die DA vra ʼn volledige, bewys-gebaseerde herontwerp van Suid-Afrika se parool- en gemeenskapsdiens-stelsel. Landwyd is 35-persent van alle paroolraadposte vakant. Dit sluit in 41 posisies vir gemeenskapslede, 17 voorsitters en 15 ondervoorsitters. In streke soos Limpopo, Mpumalanga en Noordwes is 19 van 24 poste nie gevul nie. Janho Engelbrecht van die DA sê betekenisvolle hervorming […]
# Solidariteit waarsku Suid-Afrika kan voor Kersfees uit die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (AGOA) geskrap word. Dit volg terwyl die Withuis die lys van deelnemende lande hersien, met ‘n aankondiging wat teen November verwag word. Suid-Afrika is verantwoordelik vir 54-persent van alle AGOA-verwante uitvoere na die VSA en is die skema se […]
# Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het veiligheidsdienste opdrag gegee om voor te berei vir moontlike bedreigings. Dit volg nadat ‘n Flydubai-vlug op pad na Israel gister na Saoedi-Arabië herlei is nadat die een vlieënier die ander aangeval het en blykbaar probeer het om die vliegtuig te laat neerstort. Passasiers en bemanning het die aanvaller […]
# Die Verenigde Nasies veroordeel die militêre lugaanval op ʼn mark in die staat Rakhine in Mianmar. Minstens 50 mense is dood en meer as 60 gewond. Mianmar is in ʼn burgeroorlog gewikkel sedert ʼn staatsgreep in 2021. ʼn Bondgenootskap tussen gewapende groepe veg teen die Weermag. Die VN se woordvoerder oor Menseregte, Jeremy Laurence, […]
# Rugby: Die Haaie se verdedigingsafrigter, Joey Mongalo, sê Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met die verdedigende kampioen, Leinster, in Durban is ‘n uitstekende geleentheid om hulself teen die bestes te toets. Die span het sy veldtog afgeskop deur Ospreys 41-24 te klop, terwyl die Ierse span teen die Leeus verloor het. Mongalo sê hulle kon […]