# Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê terwyl dit demokrasie versterk, maak koalisieregerings doeltreffende dienslewering dikwels moeilik vir burgemeesters en munisipale komitees. Ná die 2021 plaaslikeregeringsverkiesing was 66 munisipale rade sonder ʼn volstrekte meerderheid, wat die ANC in verskeie groot metro’s gedwing het tot minderheids-, koalisie- of opposisie-ooreenkomste. Ramaphosa sê die plaaslikeregeringstelsel het ernstige uitdagings, maar […]
# RISE Mzansi sê na jare se doelgerigte wanbestuur en metodiese korrupsie, is die meeste munisipaliteite op verskillende vlakke van wanfunksionering. Dit sluit metro’s in waar miljoene Suid-Afrikaners woon. Die party het sy bestuursplan vir sewe munisipaliteite bekendgemaak waar hy in November aan die plaaslikeregeringsverkiesing sal deelneem. Dit sluit Johannesburg en Tshwane in. Makashule Gana […]
# President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê Amerika deel weer intelligensie met Kiëf wat waarskuwings oor Russiese missielaanvalle betref. Dit volg op gister se ontmoeting in Noorweë tussen Amerika se gesant, Steve Witkoff, en die Finse president Alexander Stubbin. Die ontmoeting het gevolg ná Kiëf se beskuldigings dat Washington belangrike intelligensie weerhou – ʼn bewering […]
The headlines of the leading newspapers on 21 October 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports the Reserve Bank has launched a project to promote digital payments and encourage consumers to move away from the high costs associated with cash. This involves using ATMs and QR codes to make payments. # And from the Netwerk24 website: […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 21 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Reserwebank het ‘n projek van stapel gestuur om digitale betalings te bevorder en verbruikers van duur kontant te laat wegstap. Dit behels die gebruik van kitsbanke en QR-kodes om betalings aan die bank te doen. # En die […]
# AfriForum sê die Mediumtermyn-begrotingsrede moet verligting vir verbruikers insluit te midde van hemelhoë brandstofpryse, asook ander maatreëls wat ekonomiese groei bevorder. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal na verwagting vandag in Kaapstad die regering se hersiene fiskale uitkyk tydens ʼn hibriede sitting van die Nasionale Vergadering uiteensit. Louis Boshoff van AfriForum sê Godongwana […]
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer vandag sy Mediumtermyn-begrotingsrede en die DA sê Suid-Afrika het beter besteding, vinniger hervorming en groter aanspreeklikheid nodig. Ekonome verwag dat Godongwana ʼn verbetering in die land se fiskale posisie sal aankondig met die begrotingstekort wat moontlik kleiner is en die primêre begrotingsoorskot wat beter as verwag is. […]
# Brittanje gaan RAF Typhoon-straalvliegtuie na Saoedi-Arabië stuur om die land teen aanvalle van die Iran-gesteunde Houthi’s te beskerm wat dui op groter betrokkenheid in die streek se konflik. Dit volg ná Houthi-aanvalle op die Saoedi-hoofstad, Riaad, en op energie-terreine aan die land se kus. Die Britse minister van Verdediging, Wes Streeting, sê die RAF […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, beklemtoon die behoefte om bilaterale verbintenisse in tasbare ekonomiese voordele te omskep. Hy het gister in Pretoria deelgeneem aan die derde sitting van die Gesamentlike Kommissie vir Samewerking tussen Suid-Afrika en Uganda. Lamola sê die twee lande het goeie geleenthede om samewerking in vervoer, mynbou, […]