# Die EFF beskuldig die minister van Finansies, Enoch Godongwana, dat hy sy fiskale magte misbruik deur die brandstofheffing sonder parlementêre goedkeuring aan te pas. Die minister het gister die Mini-begroting in die Parlement voorgelê en ʼn verlaging in die algemene brandstofheffing aangekondig. Die heffing word volgende maand verlaag met drie-rand per liter vir diesel […]
# Die media-organisasies, amaBhungane, News24 en Daily Maverick het daarteen gewaarsku om intelligensie-agentskappe toe te laat om voor te skryf watter inligting aan die Madlanga-kommissie bekend gemaak word. Dit gaan oor ‘n in camera-aansoek van die hoof van die nasionale intelligensie-koördineringskomitee, Ntandazo Sifolo. Getuienisleiers het aangevoer dat sy getuienis sensitiewe inligting bevat wat agter geslote […]
# Die VSA se spesiale gesant, Steve Witkoff, het die Russiese president Vladimir Putin gevra om voorstelle te oorweeg waarop in die Noorweegse hoofstad, Oslo, ooreengekom is, insluitend die hervatting van drieparty-vredesgesprekke met Oekraïne om die oorlog te beëindig. Witkoff het Dinsdag met president Volodymyr Zelensky in Oslo en gister met Putin in St. Petersburg […]
# Rugby: Die Stormers het die haker JJ Kotzé se voorgestelde skorsing van drie weke verwerp. Hy het ‘n rooikaart ontvang in verlede naweek se Kampioenebeker-wedstryd teen Bristol Bears in Kaapstad vir ‘n gevaarlike duikslag op die skrumskakel Kieran Marmion terwyl hy sy doellyn verdedig het. Die Stormers het 49-12 gewen. ‘n Vuilspel-hersieningskomitee het weer […]
# Suid-Afrika se groot munisipaliteite ervaar ernstige finansiële druk weens ‘n onvermoë om skuld te bestuur, infrastruktuur wat verval, en ‘n gebrek aan langtermyn administratiewe beplanning. Die Paternoster Group City Risk Monitor het die land se agt metropolitaanse munisipaliteite, asook Mbombela en Polokwane, beoordeel. Vier risikogebiede is ondersoek: finansiële volhoubaarheid; infrastruktuur en dienste; die ontwikkelingsomgewing; […]
# Die Rhodes Universiteit in Makhanda in die Oos-Kaap het 109 gevalle van maagdermsiekte in 15 van die studentekoshuise op die kampus aangemeld. Soortgelyke gevalle kom ook in ander dele van Makhanda voor. Dit volg nadat die Stad Tshwane ook onder ʼn uitbreking deurgeloop met 408 gevalle wat in Bronkhorstspruit aangeteken is. Die universiteit se […]
# President Donald Trump van Amerika sê Oekraïne moet die oorlog met Rusland beëindig. Die verhouding tussen Oekraïne en Amerika het die afgelope weke versuur nadat Amerika ingestem het om diesel by Rusland te koop. Trump gaan voort om die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, te kritiseer en sê dis tyd dat Kiëf ʼn nuwe president […]
# Die Verenigde Nasies se Menseregtekomitee waarsku dat konflik in 12 van die huidige 13 honger-brandpunte die grootste oorsaak van die hongersnood is. Vandag leef 1,4-miljoen mense in ses lande onder rampspoedige toestande wat nege keer meer is as in 2016. In lande soos Soedan, die Demokratiese Republiek die Kongo, Jemen en Gaza, staar 266-miljoen […]
# Sokker: Die verdedigende Kampioeneliga-kampioen, Paris Saint-Germain, het Barcelona in Frankryk 4-2 verslaan. Desire Doue, Lamine Yamal, Vitinha en Fabian Ruiz se doele het PSG se plek boaan die punteleer verseker. Liverpool spog met drie seges in drie wedstryde nadat hy Villarreal op Anfield 4-3 geklop het. Phil Foden het ‘n driekuns behaal op die Etihad-stadion […]