The headlines of the leading newspapers on 06 October 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports Sanlam is assuming full ownership of Santam, with the result that Santam is poised to delist its shares from the JSE after 62 years. Sanlam’s offer stands at 505-rand per share. # And the Netwerk24 website: Reports on the legal […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 06 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig Sanlam neem volle eienaarskap van Santam oor met die gevolg Santam staan gereed om ná 62 jaar sy aandele van die JSE te verwyder. Sanlam se aanbod is 505-rand per aandeel. # En die Netwerk24-webblad: Berig oor die hofstryd […]
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, verwelkom die Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg se besluit dat sy lastersaak teen die ANC se Nasionale Uitvoerende Komiteelid, Nkosazana Dlamini-Zuma, deur mondelinge getuienis bepaal sal word. Mbalula dagvaar Dlamini-Zuma nadat sy hom beskuldig het dat hy by die party se nasionale verkiesingskonferensie in 2022 kontant aan afgevaardigdes uitgedeel […]
# Die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê Amerika het steeds vertroue in die veiligheid van al sy basisse. Dit volg nadat Amerika al sy B-1-bomwerpers van RAF Fairford in Brittanje na basisse in Amerika verskuif het. Die Britse lugmagbasis was verlede maand die teiken van ʼn vermeende terreur-aanval wat gelei het tot die […]
# Tennis: Die sesmalige kampioen, Novak Djokovic, is deur na die Chinese Ope se eindstryd nadat Daniil Medvedev gediskwalifiseer is in hul halfeindronde-kragmeting in Beijing. Die Serwiër het gedien toe die bal van ʼn muur af bons. Die Rus het dit per ongeluk geslaan, dit het deur die lug getrek en ʼn toeskouer op die […]
# Die EFF sê die jongste styging in brandstofpryse is rampspoedig vir die werkersklas en arm Suid-Afrikaners. Petrolpryse styg van môre af met tussen drie-rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter; dieselpryse met tussen twee-rand-84-sent en drie-rand-24-sent per liter, en die prys van paraffien met vier-rand-77-sent per liter. Sixolise Gcilishe van die EFF sê Suid-Afrika beheer nie […]
# Die adjunkminister in die Presidensie vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Mmapaseka Steve Letsike, sê tradisionele leiers het ‘n belangrike rol te speel in die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord. President Cyril Ramaphosa het verlede week die regering se verbintenis herbevestig om hierdie euwel dringend die hoof te bied deur middel van ‘n […]
# Die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde vir 2026 is aan drie wetenskaplikes toegeken: die Amerikaner Karl Deisseroth en sy Duitse kollegas Peter Hegemann en Georg Nagel. Dit is vir hul ontdekking rakende ligbeheerde ioonkanale en optogenetika. Die drietal se navorsing het gelei tot die ontwikkeling van ‘n ligsensitiewe skakelaar wat gebruik kan word om […]
# Die Amerikaanse kuswag het sy soektog na ses mense aan boord van ʼn mediese vliegtuig gestaak. Die vliegtuig het Saterdagoggend naby Nantucket vermis geraak nadat dit in Bermuda opgestyg het. Die lugambulans was in kontak met lugbeheer in New York toe dit ʼn noodgeval verklaar het. Die Kanadese maatskappy, Latitude Air Ambulance wat mediese […]