# Die Wes-Kaapse polisie loof ‘n beloning van 100-duisend-rand uit vir inligting wat kan lei tot die arrestasie en skuldigbevinding van diegene wat verantwoordelik was vir die dood van vyf mense in Lavender Hill oor die naweek. Gewapende mans het op ‘n huis in die gebied toegeslaan en vier mans en ‘n vrou doodgeskiet, terwyl […]
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa het vertroue uitgespreek in die party se verkiesingsvooruitsigte vir die plaaslikeregeringsverkiesing en gesê dat daar sal baie wees om te vier ná die verkiesing op 4 November. Hy het gister gepraat tydens ‘n deur-tot-deur-veldtog in Soweto. Daar word verwag dat Soweto ‘n belangrike strydveld in die verkiesing sal wees. Ramaphosa […]
# Krieket: Suid-Afrika sal sonder die snelbouler Anrich Nortjé moet klaarkom in die derde en laaste toets teen Australië wat môre in Kaapstad begin. Hy is beseer tydens die tweede toets in Gqeberha. Gerald Coetzee is die geskikste plaasvervanger, maar het byna twee jaar laas ‘n toets gespeel, en die veelsydige Corbin Bosch kan ook […]
# Die Amerikaanse prokureur-generaal,Todd Blanche, het bewerings ontken dat president Donald Trump beplan om die uitslae van volgende maand se middeltermynverkiesing te ondermyn. Dit volg nadat die Departement van Justisie ’n regsgeding aanhangig gemaak het om die sertifisering van Alaska se Senaatsverkiesing te blokkeer, sou die sittende Republikeinse senator, Dan Sullivan, verloor. Daar word voorspel […]
# Betogings teen oorlog en stygende lewenskoste het gister in groot Italiaanse stede uitgebreek. Dit volg op gister se grootskaalse betogings in Franse stede. Die owerhede het ‘n sterk polisiemag ontplooi, en talle winkels het as voorsorgmaatreël teen moontlike skade gesluit. Die betogings in Turyn, Rome en Bologna het gewelddadig geraak met botsings met die […]
# Krieket: Indië het ‘n voorsprong van 2-0 in hul T20-reeks van vyf wedstryde teen Nieu-Seeland geneem, ná ‘n opwindende oorwinning met vier paaltjies in Christchurch. Terwyl hulle 181 lopies vir ‘n oorwinning gejaag het, het Indië in die moeilikheid beland en was op 70 vir vyf, voor Tilak Varma se onoorwonne 51 van 26 […]
# Motorsport: Kimi Antonelli het ’n verrassende eerste wegspringplek behaal by die VSA F1-Grand Prix in Texas, wat hom in ’n uitstekende posisie plaas om die wêreldkampioenskap hierdie naweek te beklink. Die 20-jarige Mercedes-renjaer was 0,179-sekondes vinniger as Max Verstappen van Red Bull. Verstappen se spanmaat, Isack Hadjar, het ’n indrukwekkende derde plek behaal. Ferrari […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, oorweeg blykbaar om militêre optrede teen Iran te hervat ná volgende maand se middeltermynverkiesing. Baie Amerikaners is teen die oorlog gekant, insluitend lede van sy eie Republikeinse Party. ʼn Meningspeiling van New York Times en Siena College toon 65-persent van deelnemers stem nie saam met Trump se hantering van […]
# Minstens 16 mense is dood en 65 beseer nadat ‘n aardbewing van 7,0 die Nagqu-streek in die Chinees-beheerde Tibet getref het. Volgens die Chinese staatsnuusagentskap Xinhua het 339 huise ingetuimel en is kragtoevoer grootliks onderbreek. Die Chinese Administrasie vir Aardbewings het die tweede hoogste vlak noodreaksie geaktiveer. Die Amerikaanse Geologiese Opname het intussen sewe […]