# Die landbou-organisasie TLU SA vra die regering om beslissend op te tree om die verspreiding van staats-vuurwapens na misdadigers teen te werk. Hy verwys na die gewese polisieman Christiaan Prinsloo, wat tussen 2007 en 2015 sowat twee-duisend vuurwapens uit polisiebewaring aan misdadigers verskaf het.Bennie van Zyl van TLU SA sê die wapens moes vernietig word, […]
# Die EFF het aan die Nasionale Vergadering se speaker, Thoko Didiza, geskryf om die verkiesing van die gesamentlike staande komitee oor Verdediging se medevoorsitter, Mzimasi Hala, ongrondwetlik en onwettig te verklaar. Dit volg nadat die ANC Malusi Gigaba Woensdag skielik en onverklaarbaar uit die amp verwyder het. Die EFF sê die vergadering waar Hala […]
# Die IVP eis die onmiddellike ontplooiing van die KwaZulu-Natal Politieke Taakspan om die moord op twee raadslede in afsonderlike voorvalle te ondersoek. Die raadslid van Wyk 17, Khethelo Mdluli, van die uMlalazi munisipaliteit, is verlede week by sy huis in Gingindlovu geskiet en hy is later in die hospitaal aan sy beserings oorlede. Die […]
# Die jurie in die hofsaak van ʼn ma van Massachusetts wat aangekla word van die moord op haar drie kinders in 2023, onderhandel vandag vir ʼn sewende dag. Die 36-jarige Lindsay Clancy ontken nie dat sy haar kinders verwurg het nie. Haar prokureur sê egter sy behoort nie strafregtelik aanspreeklik te wees nie omdat […]
# Die vakverbond Cosatu het die Foschini-groep gevra om ernstig te besin oor die uitwerking wat die sluiting van winkels op sy personeel gaan hê, en ʼn alternatiewe oplossing versoek. Die maatskappy wil teen 2029 sowat 280 winkels in Afrika sluit en op aanlyn verkope konsentreer wat tans beter presteer as gewone bedrywighede. Cosatu-woordvoerder, Nonzuzo […]
# Die Mededingingskommissie oorweeg marknavorsing oor inkopie- en winkelsentrums in oorwegend swart gemeenskappe en plattelandse woongebiede. In sy verslag oor ekonomiese projekte in die platteland en townships vir 2026, is bevind baie township-entrepreneurs wil in sentrums sake doen, maar word verhoed deur hoë huurgeld, ekslusiwiteitsklousules en eienaars wat voorkeur aan gevestigde name gee. Die waarde […]