# Die EFF het aan die Nasionale Vergadering se speaker, Thoko Didiza, geskryf om die verkiesing van die gesamentlike staande komitee oor Verdediging se medevoorsitter, Mzimasi Hala, ongrondwetlik en onwettig te verklaar. Dit volg nadat die ANC Malusi Gigaba Woensdag skielik en onverklaarbaar uit die amp verwyder het. Die EFF sê die vergadering waar Hala aangestel is, was in oortreding van die Parlement se Gesamentlike Reëls. Hy voer aan ʼn gesamentlike komitee kan nie ʼn plaasvervanger vir ʼn posisie verkies sonder dat ʼn amptelike onttrekking of bedanking behoorlik by die Parlement ingedien is nie.
EFF sê verkiesing van gesamentlike staande komitee oor Verdediging se nuwe medevoorsitter moet ongrondwetlik verklaar word