# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake verwelkom die Departement van Binnelandse Sake se besluit om die riglyne oor asielsoekers terug te trek ná ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof. Die komitee wil nou dringend duidelikheid kry oor hoe die uitspraak in praktyk toegepas gaan word en gaan ‘n spesiale vergadering belê. Die departement […]
# Tennis: Die Spanjaard Carlos Alcaraz het die derde ronde van die Sjanghai Meesterstoernooi gehaal nadat hy gister vir Juan Manuel Cerundolo van Argentinië met 6-3 en 6-3 geklop het. Die tweede gekeurde speler het slegs 66 minute nodig gehad om sy eerste wedstryd te wen nadat hy in die eerste ronde ‘n loslootjie ontvang […]
# Die Jacob Zuma-stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, het skerp kritiek uitgespreek teen wat hy noem, die oormatige mediabelangstelling in oudpresident Jacob Zuma se behandeling in die hospitaal. Manyi het in ‘n plasing op X gevra waarom Zuma se gesondheid soveel meer aandag geniet as die van adjunkpresident Paul Mashatile. Hy sê die media wakker […]
# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê vyandigheid teenoor buitelanders kan nooit as ‘n verskoning dien vir geweld, plundering, brandstigting of intimidasie nie. Sy sê mense het die reg om vreedsaam te betoog en hul stem te laat hoor, maar niemand het die reg om die wet in eie hande te neem of wettige […]
# Minstens vier mense is dood nadat orkaan Isaias die Golfkus van Florida getref het. Reuters berig sowat 670-duisend verbruikers in vier deelstate was sonder elektrisiteit nadat die storm die kus bereik het. Isaias het intussen verswak, maar gevaarlike toestande heers steeds in die gebied. Weervoorspellers waarsku teen kitsvloede, skadelike wind en moontlike tornado’s in […]
# Die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, het ‘n nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer om grasvelde, biodiversiteit en belangrike waterbronne te beskerm. Die Grasslands-nasionale park beslaan meer as tienduisend hektaar tussen Nqanqarhu en Rhodes. Sanparke sal die park bestuur, waar grondeienaars kan voortgaan met bewaringsvriendelike boerdery-aktiwiteite. Maynier sê dit […]
# SAFTU veroordeel die uitbrand van voertuie, winkels en geboue, asook plundering en saakbeskadiging. Hy sê geen grief, betoging of politieke eis regverdig geweld teen mense, die vernietiging van voortbestaan of die intimidasie van gemeenskappe nie. SAFTU se woordvoerder, Asive Dyani, sê die geweld word aangevuur deur die verspreiding van vals inligting oor ‘n Konstitusionele […]