# Die DA sê watervoorsiening is herstel by die Malvern-kliniek in die ooste van Johannesburg ná ses weke sonder water. Die party beweer dat sy optrede daartoe gelei het dat Johannesburg Water die toevoer herstel het. Hulle vra nou vir die hervestiging van die kliniek na ‘n groter fasiliteit want die huidige spasie is beknop […]
# AfriForum sê die Departement van Water en Sanitasie hou aan met leë beloftes instede van hervorming. Die burgerregte-organisasie het minister Pemmy Majodina se begrotingtoespraak gekritiseer, en gesê dit spreek nie die verslegtende waterkrisis aan nie. Lambert de Klerk van AfriForum sê reuse-waterverliese van bykans 50-persent en meer as 12-miljard-rand wat verlore gaan met water […]
# Die ATM sê president Cyril Ramaphosa doen nie genoeg om probleme in wetstoepassing op te los nie. Volgens die party sal die nuut-aangekondigde kommissie van ondersoek na politieke inmenging in wetstoepassing slegs tyd en belastingbetalers se geld mors tensy dit tot werklike verandering kan lei. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, eis dat die […]
# Die vakbondfederasie Saftu se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, sê die Nasionale Vervolgingsgesag het die volste reg om aanklagte in te dien teen ministers wat daarvan beskuldig word dat hulle die Parlement mislei het. ‘n Kommissie van ondersoek begin in Augustus na aanleiding van bewerings teen die minister van Polisie, Senzo Mchunu, wat op spesiale verlof […]
# Die Motorbedryfsraad, Naamsa, sê die nuwe Amerikaanse tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse voertuiguitvoere kan belangrike nywerheidspilpunte soos die een in Oos-Londen in die Oos-Kaap in spookdorpe verander. Naamsa verwelkom die regering se voortgesette diplomatieke pogings, en het ‘n belastingvrye kwota van 40-duisend voertuie per jaar voorgestel om die Amerikaanse uitvoermark te beskerm. Naamsa se […]
# ActionSA het by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion strafregtelike klagte ingedien teen die reuse- mediese fondse Discovery, Medscheme en GEMS oor beweerde bedrog, intimidasie en rassediskriminasie. Kgosi Letlape van ActionSA, sê die aanklagte is in verband met bewyse wat hy teëgekom het toe hy by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika was. Die woordvoerder, Matthew […]
# Die nuutse meningspeiling van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing toon openbare vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het tot sy laagste vlak in 27-jaar gedaal. Die opname oor sosiale sienings wys dat slegs 22-persent van volwassenes die polisie vertrou, terwyl wantroue tot 62-persent gestyg het. Vertroue het sedert 2011 afgeneem, met ‘n skerp afname na […]