Skip to content

Parlement gaan dringend vergader oor asielaansoeke

# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake verwelkom die Departement van Binnelandse Sake se besluit om die riglyne oor asielsoekers terug te trek ná ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof. Die komitee wil nou dringend duidelikheid kry oor hoe die uitspraak in praktyk toegepas gaan word en gaan ‘n spesiale vergadering belê. Die departement se direkteur-generaal moet die situasie ontleed en ‘n volledige plan oor die hantering van asielaansoeke ná die uitspraak voorlê. Die ministers van Binnelandse Sake en Indiensneming en Arbeid, asook die Grensbestuursowerheid en die Suid-Afrikaanse Appèlowerheid vir Vlugtelinge, sal na verwagting die vergadering bywoon.