# Die Wes-Kaapse polisie het vier mans in Gugulethu gearresteer vir beweerde afpersing en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die arrestasies volg op inligting wat verkry is terwyl speurders ‘n poging- tot-moord-verdagte ondervra het oor die sindikaat en versteekte vuurwapens. Die polisie het op twee nege-millimeter pistole, waarvan een sonder ‘n reeksnommer, en […]
# President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op Suid-Soedanese leiers gedoen om saam te werk aan blywende vrede en bestendigheid in die aanloop tot die land se eerste algemene verkiesing sedert onafhanklikwording. Ramaphosa het tydens ‘n virtuele beraad van die Afrika-unie oor Suid-Soedan gesê geloofwaardige verkiesings moet gerugsteun word deur ‘n inklusiewe politieke proses, voldoende […]
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het bevestig Gauteng sal volgende Donderdag die tweede Suid-Afrikaanse Infrastruktuurbeleggingsberaad, met die tema “Belê in toerisme-infrastruktuur, belê in groei,” sal aanbied. De Lille het in Sandton aangekondig 15 lewensvatbare projekgeleenthede sal bekendgestel word om kapitaal te lok en werkskepping te bevorder, wat die rol van toerisme as […]
# Die EFF-leier Julius Malema is verlof toegestaan om te appelleer teen sy skuldigbevindings in verband met vuurwapenmisdrywe en sy tronkstraf van vyf jaar. Die Hooggeregshof in Makhanda, Oos-Kaap, het beslis daar is voldoende gronde vir die appèl, wat deur ‘n volle regbank aangehoor sal word. Malema is skuldig bevind nadat hy tydens die EFF […]
# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het kiesers met identiteitsdokumente wat verlore of beskadig is, aangemoedig om dit by Binnelandse Sake of deelnemende banktakke te vervang voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Ntshavheni het intussen aangekondig aansoeke vir spesiale stemme is nou oop en sluit 12 Oktober om vyf-uur die middag. Sy […]
# RISE Mzansi se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Lukhona Mnguni, sê Suid-Afrika se toekoms word bedreig deur toenemende spanning tussen die nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlakke. Mnguni het op ‘n geleentheid by Unisa gesê die land benodig ‘n eerlike heronderhandeling van sy maatskaplike kontrak. Hy is bekommerd oor oproepe om die Grondwet te wysig en die […]
# Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, glo die briljante jong kolwer Dewald Brevis is beter toegerus vir die beperkte boulbeurt-formaat. Dis die rede waarom hy nie ingesluit is in die voorlopige groep vir volgende maand se drie toetse teen Australië nie, en ook nie dié somer enige toetse gaan speel nie. Conrad vergelyk […]
# President Cyril Ramaphosa spreek die land vanaand sewe-uur toe oor die regering se reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord. Hy sal ook ‘n oorsig gee oor die ondersoeke na moorde op vroue in Ekurhuleni, Gauteng. Die toespraak volg te midde van toenemende kommer oor geweld teen vroue. Die SABC sal die toespraak uitsaai, en dit […]
# ‘n Uitgebreide soektog is steeds aan die gang na ‘n 85-jarige bekende in volstruiskringe, Saag Jonker van Oudtshoorn. Hy is Sondag in sy Toyota Land Cruiser meegesleur toe hy probeer het om ‘n laagwaterbrug oor die vol Olifantsrivier oor te steek. Polisieduikers het ‘n tweede soektog van stapel gestuur waaraan nooddienste, hommeltuig-operateurs, ‘n helikopter, […]