# Padwedlope: Die beroemde Suid-Afrikaanse langafstandatleet, Bruce Fordyce, het atlete gewaarsku om nie mislei te word deur die stadige begin van die naweek se Twee Oseane-marathon in Kaapstad nie. Hy het die wedloop oor 56-kilometer 32 keer voltooi en die halfmarathon oor 21,1-kilometer ‘n verdere vyf keer, en ook die ikoniese Comrades-marathon ‘n rekord nege […]
# Die DA in die Wes-Kaap het die voortgesette bendegeweld in Mitchells Plain veroordeel, met vier mense wat dood is en drie ander beseer is in afsonderlike skietvoorvalle gedurende die langnaweek. Die party sê 36 mense is vermoor en 47 gewond in bendeverwante voorvalle tussen 30 Maart en 5 April. Benedicta van Minnen van die […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die MK-party lyk vasbeslote om sleuteldele van die Grondwet van 1994 om te keer. Die party sê die MK-party se voorgestelde veranderinge aan selfbeskikking en eiendomsreg kan grondonteiening sonder vergoeding toelaat. Die party waarsku dit druis in teen die bestaande ooreenkomste wat die oorgang na demokrasie onderskryf het. Wynand Boshoff […]
# Die Spesiale Tribunaal het ‘n toekenning van 14-miljoen-rand deur die Nasionale Loterykommissie aan die Madumelani-gemeenskapsprojek in Hammanskraal onwettig en ongeldig verklaar. Die uitspraak volg op ‘n suksesvolle saak deur die Spesiale Ondersoekeenheid, waar Regter Margaret Victor begunstigdes gelas het om die volle bedrag terug te betaal. Die tribunaal het bevind die befondsing is bedrieglik […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging vra die regering vir dringende verligting van paraffienpryse, wat met 11-rand-67 sent per liter gestyg het. MISA waarsku die prysstyging bedreig miljoene lae-inkomste huishoudings wat op paraffien staatmaak vir kook, verhitting en beligting. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging sê versuim om op te tree kan energie-armoede en voedselonsekerheid vererger, wat kwesbare gesinne […]
# Die DA sê Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, het nog ‘n geleentheid verspeel om die adjunkburgemeester en burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Eugene Modise, wat van korrupsie beskuldig word, te verwyder. Die party vra ‘n nuwe ondersoek na bewyse wat Modise verbind met verskeie maatskappye wat voordeel trek uit stadskontrakte, insluitend ‘n sekuriteitstender van 300-miljoen-rand en […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare doen ‘n beroep op die Departement van Gesondheid om die ondersteuningstelsels vir mediese interns en gesondheidswerkers te versterk. Dit volg op die dood van ‘n jong dokter by die Rob Ferreira-hospitaal in Mbombela, Mpumalanga. Die intern is Sondag dood in sy woonstel aangetref, maar die oorsaak is nog nie bekend […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het 22-miljoen-rand se steun met voer goedgekeur vir veeboere wat geraak word deur langdurige droë weidingstoestande. Boere word aangemoedig om aansoek te doen vir die steun en volhoubare weidingspraktyke voort te sit as deel van langtermyn-klimaatveerkragtigheidsbeplanning. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê die verligting […]
# Die DA in Gauteng sê dit is byna ‘n jaar nadat Premier Panyaza Lesufi ‘n ondersoek na 41 verlate regeringsgeboue en 11 gehuurde eiendomme begin het, maar inwoners weet steeds nie hoeveel aan sekuriteit bestee word nie. Khathutshelo Rasilingwane van die DA sê die party het onthul dat 34-miljoen-rand aan gehuurde geboue bestee word. […]