# Die landbou-organisasie Saai sê die staatsbeheerde Onderstepoort Biologiese Produkte voldoen nie aan die veebedryf se entstofbehoeftes nie en moet geprivatiseer word. Volgens Saai plaas tekorte aan entstowwe vir siektes soos bek-en-klouseer en Afrika-perdesiekte boere onder druk. Theo de Jager van Saai sê groter betrokkenheid deur die privaat sektor kan entstofproduksie en -voorsiening verbeter:
# Krieket: Australië wil privaat belegging in sy winsgewende Big Bash T20-liga vanaf die 2027/28-seisoen bekendstel, beginnende met die verkoop van die Melbourne Renegades. Krieket Australië sê afhangende van die uitkoms, sal hulle oorweeg om ander klubs op die mark te plaas onder ‘n selfbeskikkingsmodel. Renegades, wat die kompetisie in die 2018/19-seisoen gewen het, behoort […]
# Chaos het in die Johannesburgse Hooggeregshof uitgebreek toe die polisie na bewering beskuldigdes in die Cat Matlala-verhoor verhoed het om hul prokureurs te raadpleeg. Die beskuldigdes is volgens berigte in aanhoudingselle gedwing nadat die verrigtinge verdaag is, wat tot ‘n konfrontasie tussen verdedigingsadvokate, polisie en hofamptenare gelei het. Regter Cassim Moosa het ingegryp en […]
# Die Interministeriële-komitee sê hy prioritiseer optrede teen sowat twee-duisend-400 geboue regoor die metro’s wat nie aan die vereistes voldoen nie. Die geboue sluit gekaapte eiendomme in wat dikwels verbind word met misdaad soos dwelmhandel, mensehandel en onwettige handel. Die voorsitter van die komitee, Mmamoloko Kubayi, het tydens ‘n media-inligtingsessie gesê die regering beplan om […]
# Die voorsitter van die Interministeriële-komitee, Mmamoloko Kubayi, sê migrasie-uitdagings moet deur wettige regeringsprosesse hanteer word en nie deur geweld of vergeldingsoptrede nie. Kubayi het Suid-Afrikaners tydens ‘n nuuskonferensi versoek om wetstoepassing te ondersteun, waninligting te verwerp en owerhede toe te laat om migrasie op ‘n wettige, ordelike en menslike manier te bestuur. Sy het […]
# Advocates for Transformation het dreigemente en intimidasie veroordeel wat teen hul nasionale voorsitter, advokaat Myron Dewrance, kommissaris van die Madlanga-kommissie, advokaat Sandile Khumalo, hul families en kennisse gemik is. AFT sê die dreigemente, wat van verskeie selfoonnommers gestuur is, sluit na bewering seksuele geweld teen vroue en bewerings oor die individue se bewegings in. […]
# ‘n Man en ‘n vrou het geringe beserings opgedoen nadat ‘n ligte vliegtuig vanmiddag naby die R101 in Midrand neergestort het. Albei is hospitaal toe geneem vir verdere behandeling. Die R101 tussen New Road en Grand Central Boulevard is gesluit in die rigting na Centurion terwyl owerhede die wrakstukke verwyder en die oorsaak van […]
# Die Interministeriële Komitee sê die regering vorder met sy vyfpunt-plan oor migrasie. Dit sluit strenger wetstoepassing, verbeterde grensbeheer en die modernisering van immigrasiestelsels in. Meer as 350-duisend ondersoeke is reeds uitgevoer en meer as 86-duisend buitelandse burgers is verwerk vir deportasie of repatriasie. Die komitee se voorsitter, Mmamoloko Kubayi, het op ‘n nuuskonferensie gesê […]
# Die ekonoom van die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê Suid-Afrika se ekonomie het ‘n terugslag beleef nadat die bruto binnelandse produk met 0,2-persent tussen April en Junie gekrimp het. Volgens Parsons het die onlangse wêreldwye energieskok die land se herstel onderbreek, met mynbou en vervaardiging wat groei terughou. Hy verwag die ekonomie sal […]