Nuus 11:00
BULLETIN 11 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# SAFTU veroordeel geweld, plundering en saakbeskadiging
# News24 berig die Zuma-gesin wys lugvervoer van die hand
# En: Die Amerikaanse terdoodveroordeelde is terug in aanhouding
# SAFTU veroordeel die uitbrand van voertuie, winkels en geboue, asook plundering en saakbeskadiging. Hy sê geen grief, betoging of politieke eis regverdig geweld teen mense, die vernietiging van voortbestaan of die intimidasie van gemeenskappe nie. SAFTU se woordvoerder, Asive Dyani, sê die geweld word aangevuur deur die verspreiding van vals inligting oor ‘n Konstitusionele Hof-uitspraak rakende ongedokumenteerde buitelandse burgers:
Die African Unite Borders Bus Trucks Association waarsku intussen spanning oor immigrasie, asielaansoeke en die beskerming van vlugtelinge kan tot maatskaplike en politieke onbestendigheid lei. Die vereniging se voorsitter, Mukhwathi Phumudzo, sê die regering moet die kwessie dringend aanspreek om te verhoed dat spanning toeneem:
# News24 berig oudpresident Jacob Zuma se gesin het ‘n voorstel geweier om hom van Pietermaritzburg na ‘n militêre hospitaal in Pretoria te vlieg. Volgens die berig het die regering ‘n spesialis-mediese span na KwaZulu-Natal gestuur, insluitend ‘n noodsorgspesialis. News24 berig verder Zuma was Saterdag steeds in die Netcare St Anne’s-hospitaal in die sorg van die militêre chirurg-generaal en sy span. Nie die Presidensie of die gesin het tot dusver volledige openbare besonderhede oor sy toestand uitgereik nie en daar is nog nie bevestig dat sy toestand wel bedenklik is nie.
# ‘n Ses-en-dertig-jarige vermeende pastoor, wat gesoek is in verband met die moord op ‘n vier-maande-oue baba en die beweerde verkragting van die kind se 43-jarige ma, is in Diepsloot, Johannesburg in hegtenis geneem. Die voorval het Woensdag naby die Hennopsrivier langs die R511 in Atteridgeville plaasgevind. Polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê die verdagte is gister aangekeer ná ‘n uitgebreide ondersoek deur speurders en misdaadintelligensie-beamptes:
# Die terdoodveroordeelde Christa Pike van Tennessee is uit die hospitaal ontslaan en teruggestuur tronk toe ná ‘n mislukte teregstellingspoging. Haar regsverteenwoordigers sê die 50-jarige ontvang steeds mediese behandeling in die Debra K. Johnson-rehabilitasiesentrum in Nashville. Pike het die 30ste September twee dodelike inspuitings oorleef en was daarna in ‘n bedenklike toestand met ernstige beserings aan haar arms. Sy het later haar bewussyn herwin en met hulp weer begin loop. Alle teregstellings in Tennessee is vir die res van die jaar opgeskort terwyl die voorval ondersoek word.
# En laastens, motorsport: Max Verstappen spring voor weg in die Singapoer Grand Prix en hoop om vir die eerste keer op dié straatbaan te wen. Die Red Bull-renjaer het Charles Leclerc van Ferrari langs hom in die voorste ry. Lewis Hamilton begin derde, met die kampioenskapsvoorloper Kimi Antonelli vierde. Verstappen het gister die chaotiese snelren gewen. George Russell het voorgeloop maar moes na ‘n botsing tou opgooi, met die twee McLaren-spanmaats Lando Norris en Oscar Piastri wat in die laaste rondte teen mekaar gebots. Russell het sesde gekwalifiseer, maar begin heel agter na strafpunte vir ‘n enjinvervanging.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….