# Rugby: Die Bulle het die Leeus met 57-15 oorrompel in hul Verenigde Rugbykampioenskap-derby op Loftus Versfeld in Pretoria. Die tuisspan het nege drieë teenoor die Leeus se twee gedruk, met die Springbok-agtsteman Cameron Hanekom wat twee keer in die eerste helfte oorgeduik het. Die Leeus was vir ‘n rukkie met 7-5 voor, maar die […]
# Die Departement van Vervoer gaan padverkeersregulasies wysig om te verhoed dat verkeersregistersertifikate, leerling-rybewyse en rybewyse gebruik word as algemene identiteitsdokumente. Dit volg nadat ‘n ondersoek in 2023 die omvangryke misbruik van verkeersregistersertifikate en ander padverkeersdokumente aan die lig gebring het. Woordvoerder, Collen Msibi, sê die wysigings het ten doel om wettige skuiwergate toe te […]
# Die Forum for South Africa verwelkom die Departement van Binnelandse Sake se besluit om die asielriglyn terug te trek, maar vra ‘n nasionale referendum oor immigrasie- en asielbeleid. Die leier, Tebogo Mashilompane, sê Suid-Afrikaners moet seggenskap hê oor die toekoms van die land se immigrasiestelsel en grensbestuur. Hy versoek die regering om grensbeheer te […]
# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê 30 verdagtes is sedert Donderdag in Gauteng en KwaZulu-Natal in hegtenis geneem weens openbare geweld en onwettige betogings. Dimpane het tydens ‘n NATJOINTS-inligtingsessie gesê 25 verdagtes is in KwaZulu-Natal aangekeer en vyf in Gauteng. Aanklagte sluit in, openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging, onwettige byeenkomste, dwarsboming van die gereg […]
# Krieket: Australië is in beheer van die eerste toets teen Suid-Afrika op Kingsmead in Durban, nadat Matt Renshaw ‘n loopbaan-beste van 190 lopies aangeteken het. Die hotklou-kolwer het die besoekers gered met die telling op 124 vir ses, en hulle gehelp tot ‘n totaal van 390, almal uit. Hy en Nathan Lyon het ‘n […]
# Sokker: Mamelodi Sundowns het die verdedigende kampioene Orlando Pirates gisteraand in die MTN8-eindstryd op die Moses Mabhida-stadion in Durban met 2-0 geklop en daarmee Pirates se heerskappy van vier jaar tot ‘n einde gebring. Teboho Mokoena het die telling in die 11de minuut geopen, met doelwagter Ronwen Williams wat ‘n strafskop deur Gamphani Lungu […]
# Agt strande in Kaapstad het hul volle Blouvlag-status vir die 2026/27-seisoen behou, terwyl nog vier as proefstrande aangewys is. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê dit is die vyfde agtereenvolgende seisoen waarin agt strande die volle Blouvlag-status behaal, wat Kaapstad se 25-jarige deelname aan die internasionale Blouvlag-program voortsit:
# COSATU verwelkom die Departement van Binnelandse Sake se besluit om die verwerking van asielaansoeke by sy kantore tydelik op te skort. COSATU se woordvoerder, Matthew Parks, sê die stap is nodig om personeel, aansoekers en die publiek te beskerm. Hy veroordeel oortredings van immigrasiewette en xenofobiese geweld en beklemtoon wetstoepassing is die staat se […]