Skip to content

Rugby: Bulle verpletter Leeus 57-15 in Jukskei-derby

# Rugby: Die Bulle het die Leeus met 57-15 oorrompel in hul Verenigde Rugbykampioenskap-derby op Loftus Versfeld in Pretoria. Die tuisspan het nege drieë teenoor die Leeus se twee gedruk, met die Springbok-agtsteman Cameron Hanekom wat twee keer in die eerste helfte oorgeduik het. Die Leeus was vir ‘n rukkie met 7-5 voor, maar die Bulle het gou weer beheer geneem en teen rustyd met 31-10 voorgeloop. Die patroon het ná rustyd voortgeduur en die telling verder vergroot danksy kliniese afronding en sterk aanvallende spel. Die Bulle is nou tweede op die VRK-punteleer.