# Die Nasionale Dobbelraad maan landsburgers om hul huishoudelike finansies te beskerm en versigtig te wees wanneer hulle dobbel. Volgens Ou Mutual se jongste spaar- en beleggingsmonitor dobbel 53-persent werkende Suid-Afrikaners terwyl 42-persent sê hulle dobbel dikwels om uitgawes of skuld te dek. Sportweddenskappe is die algemeenste dobbelgewoonte, gevolg deur slotmasjiene en die Lotto. Waarnemende […]
# Die vakverbond Cosatu sê hulp is dringend nodig om skole toe te rus met hulpmiddels, insluitend onderwysers, om oorvol klaskamers en uitgeputte onderwysers te voorkom. Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het onlangs bekend gemaak daar is meer as 27-duisend vakante onderwysposte. Die Oos-Kaap het die meeste, naamlik vyf-duisend-730. Cosatu se woordvoerder, Nonzuzo […]
# Rugby: Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê spelers kan steeds die groep haal vir die eerste toets teen die Springbokke, afhangende van hulle vertoning teen die Bulle. Hy het ʼn sterk groep aangewys vir môre se kragmeting op Loftus, maar sê dit verskil aansienlik van die een vir volgende Saterdag se toets […]
# Die DA doen ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse Toerismeraad om die voortslepende saak waarby die geskorste uitvoerende hoof, Nombulelo Guliwe, betrokke is, vinnig af te handel. Guliwe het 2,3-miljoen-rand se salaris en voordele ontvang terwyl sy sedert Augustus verlede jaar tot op hede voorlopig geskors is. Haseena Ismail van die DA sê Guliwe kan […]
# Die kantoor van die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte het Israel se militêre operasies in die besette Wesoewer veroordeel en gesê die aanvalle op Palestyne hier is ‘n nuwe laagtepunt. Israelse soldate het sowat 20 Palestynse gesinne na bewering om veiligheidsredes uit Qusra verwyder. Ajith Sunghay van die VN sê Palestyne wat in […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê Suid-Afrika moet doelgerig seker maak vroue is deel van ontwikkeling, opleidingsgeleenthede, werwingstrategieë en leierskapsmoontlikhede in die lugvaartsektor. Die land het meer as 33-duisend-500 gelisensieerde beroepspersone in lugvaart, en byna ses-duisend-800 is vroue. Creecy sê haar departement het in die 2025/2026-boekjaar 317 van 460 kontrakte ter waarde van […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die Stad Ekurhuleni se jaarlikse skuldinvorderingskoers van 90,38-persent lyk goed op papier, maar dis in werklikheid ʼn rookskerm wat die ware stand van sake verbloem. Die syfer word aangehaal in die jongste verslag wat aan die oorsigkomitee vir finansies voorgelê is, maar die party beweer daar is enorme teenstrydighede. Denise […]