# ʼn Vier-en-veertigjarige lid van die Mpumalanga-polisie se blitspatrollie is tydens ʼn vroë-oggend-operasie by die Secunda-polisiekantoor gearresteer. Hy word na bewering verbind met die kaping van vragmotors wat diesel in die provinsie vervoer. Mpumalanga se polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die beampte se betrokkenheid het aan die lig gekom tydens ʼn ondersoek na vier ander verdagtes […]
# Tennis: Die 40-jarige Fransman Gael Monfils het sy laaste Grand Slam-wedstryd gespeel, maar in die Amerikaanse Ope se tweede ronde teen die Amerikaner, Learner Tien, verloor. Karen Khachanov van Rusland het die wêreld-nommer-vier, Felix Auger-Aliassime van Kanada, getroef. In die vroue-afdeling het die tweede gekeurde Kazak, Elena Rybakina, ʼn oorwinning oor Jessica Bouzas Maneiro […]
# Reddingswerkers het twee werkers lewend uit ʼn hidrokragtonnel in Nepal gehaal. Dit volg meer as ʼn week nadat hulle tydens die rampspoedige oorstroming op die Nepal-China-grens in ʼn tonnel van die Trishuli-3-hidrokragprojek vasgekeer is. Sanjaya Shah en Kabir Maharjan het beserings aan hul hande en bene opgedoen. Minstens 39 ander sal na verwagting ook uit […]
# Die vakverbond Cosatu is bekommerd oor die inentingskrisis van kinders, wat die Gesondheidsdepartement tot openbare gesondheids-noodtoestand verklaar het. Die hoeveelheid kinders onder een wat nie ingeënt is nie, het gestyg van 12,1-persent in 2017 tot 36,3-persent vroeër vanjaar, wat een uit elke drie babas weerloos laat. Woordvoerder Matthew Parks sê dit keer die groot […]
# Activists and Citizens Forum vra president Cyril Ramaphosa om meer fondse beskikbaar te stel en die werksaamhede van die Madlanga-kommissie te verleng. Honderd-47-miljoen-rand is aanvanklik begroot, waarvan 123-miljoen-rand reeds bestee is terwyl bykomende befondsing gesoek word. Woordvoerder Dennis Bloem sê Ramaphosa kan nie vir Suid-Afrikaners vertel daar is nie geld nie terwyl 700-miljoen-rand beskikbaar […]
# Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê die plaaslike regeringsverkiesing in November is ‘n kritieke oomblik van aanspreeklikheid weens die groot ontevredenheid met dienslewering en sigbare mislukkings in vele munisipaliteite. Volgens die verslag van die Ouditeur-generaal het net 39 van die 257 munisipaliteit ‘n skoon oudit gekry in die jongste ouditeursverslag. Amnestie Internasionaal SA sê kiesers moet […]
# Die organisasie, Mining Affected Communities United in Action, vra ʼn onmiddellike ondersoek nadat twee jong seuns in ʼn dam van die Harmony Goudmyn naby die Nyakallong-township in die Vrystaat verdrink het. Volgens berigte het die twee seuns van agt- en nege-jaar verlede maand in ʼn verlate, onomheinde dam by die Harmony Goudmyn gaan swem […]