# President Cyril Ramaphosa sê die regering sal die proses om ‘n volledig onafhanklike, staatsbeheerde transmissiemaatskappy te vestig, versigtig en verantwoordelik onderneem. Hy het die fase-een-verslag van die Eskom-herstruktureringstaakspan ondersteun, wat die haalbaarheid van die vestiging van ‘n Transmissiestelseloperateur met netwerkbates uiteensit. Ramaphosa sê die proses moet die minimalisering van finansiële, operasionele en fiskale risiko; […]
# Vandag is Afrikaanse Taaldag wat landswyd deur verskillende kultuurorganisasies en in Afrikaanse skole gevier word. Dis vanjaar 150 jaar sedert die Genootskap vir Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 in die Paarl gestig is en daar word algemeen aanvaar dat dit die stigtingsdag van Afrikaans is. Mense word vandag aangemoedig om ‘n Afrikaanse boek […]
# FMD Response SA het die eerste privaat aangekoopte bek-en-klouseer-entstowwe wat aan privaat veeartse gelewer word, verwelkom. Die organisasie glo die bekendstelling wys wat die regering en die privaat sektor kan bereik deur saam te werk. Andrew Morphew van die organisasie het die Departement van Landbou versoek om gereeld inligting te deel oor waar daar […]
# Die Workers and Socialist Party het sy oproep herhaal vir behoorlike lone en geregtigheid vir die slagoffers van die Marikana-slagting in Noordwes. Die party sê mynwerkers word steeds onderwerp aan lae lone, werkloosheid en swak lewensomstandighede, terwyl niemand aanspreeklik gehou is vir die moorde van 2012 nie. Woordvoerder Zaki Mamdoo vra ‘n minimumloon van […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê werkgewers moet strenger optree teen seksuele teistering in die werkplek. Ter viering van Vrouemaand vra die vakbond maatskappye om duidelike beleide aan te neem, personeel gereeld op te lei en te verseker slagoffers kan voorvalle veilig aanmeld sonder vrees vir vergelding. Phakamile Hlubi-Majola van MISA het werkplekke aangespoor om werknemers se […]
# Benoemings is nou oop vir die 2027 Standard Bank Jong Kunstenaartoekennings, wat erkenning gee aan talentvolle Suid-Afrikaanse kunstenaars onder die ouderdom van 35 jaar. Die toekennings dek ‘n reeks kreatiewe velde, insluitend musiek, teater, dans, visuele kunste, poësie en film. Wenners ontvang finansiële ondersteuning, kry groter blootstelling en ‘n geleentheid om nuwe werk aan […]
# Stad Kaapstad sê die voorgestelde verkoop van munisipale grond in Mitchells Plain aan Christel House South Africa vir die uitbreiding van sy skool word deur ‘n deursigtige openbare proses behartig. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die voorstel is oop vir openbare kommentaar, met inwoners wat alternatiewe voorstelle vir die grond kan […]
# Oekraïnse boere ly groot verliese sedert Rusland dele van die suide aan die begin van die inval in 2022 beset het. Oekraïne is een van die wêreld se grootste produsente van koring, mielies en sonneblomsaad en ongeveer 90-persent van sy uitvoere gaan deur die land se Swartsee-hawe. Aanvalle deur Russiese magte het landbou-uitvoere byna […]
# Rugby: Slegs drie groeprondes is oor voor die Curriebeker-halfeindstryde. Griekwas is tans boaan die punteleer na drie oorwinnings en ‘n nederlaag, gevolg deur die Cheetahs, die Leeus en die Pumas. Die Boland Kavaliers is vyfde gevolg deur die Stormers-23, die Haaie-vyftiental en die Blou Bulle. In vandag se wedstryde gaan die Leeus en die […]