# Sokker: Ierland het ook sy steun onttrek vir nog ‘n termyn vir FIFA se president, Gianni Infantino. Die beheerliggaam het ook sy steun bevestig aan Europese, Amerikaanse en Asiatiese liggame wat Infantino daarvan beskuldig dat hy FIFA-lede mislei het. Dit volg op sy mislukte plan om ‘n belang in FIFA se kommersiële bedrywighede aan […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Mobiliteit doen ‘n beroep op houers van verkeersregistrasienommers om te kyk of die nommers nog aktief is. Dit volg nadat die nasionale Departement van Vervoer besluit het om onaktiewe sertifikate te kanselleer. Enigiemand wat ‘n sertifikaat tussen Januarie 2000 en Junie 2023 gekry het, kan dit aanlyn bevestig. Muneera Allie […]
# Die DA in Mpumalanga sê uitgerekte vertragings om ‘n operateur te vind vir die historiese Royal Hotel in Pelgrimsrus benadeel toerisme en die plaaslike ekonomie. Die party beweer die 131 jaar oue hotel is jare lank reeds gesluit weens mislukte huurooreenkomste en herhaalde tenderterugslae. Teboho Sekaledi van die DA sê die sluiting is veral […]
# Die DA het ‘n vyfpuntplan bekendgestel om Ekurhuleni weer aan die gang te kry voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die party het belowe om korrupsie die hoof te bied, paaie en infrastruktuur te herstel, water- en elektrisiteitsdienste te verbeter, gemeenskapsveiligheid te versterk en meer plaaslike werksgeleenthede te skep. Khathutshelo Rasilingwane van die […]
# Kaapstad se Boulders-strand het weereens internasionale erkenning verwerf en is 20ste op Big Seven Travel se lys van die wêreld se 50 beste strande vir 2026. Die aantreklikheid in Simonstad is bekend vir sy beskutte waters, granietrotse en sy kolonie van bedreigde Afrika-pikkewyne. Besoekers kan in aangewese gebiede swem en die pikkewyne vanaf die […]
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het amptelik Toerismemaand in KwaZulu-Natal bekendgestel en Suid-Afrikaners aangespoor om hul eie land te verken. De Lille sê binnelandse toerisme bly ‘n hoeksteen van ekonomiese groei, wat werksgeleenthede, entrepreneurs en gemeenskappe ondersteun. Sy sê Suid-Afrikaners het 21,2-miljoen oornagreise in die eerste helfte van die jaar onderneem, met […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik het vermeende onreëlmatighede in ‘n tender van die Dienstesektor-onderwys- en opleidingsowerheid ontdek en wil hê dat die saak ondersoek word. Volgens die organisasie het ‘n suksesvolle bieër, Resolutions Studio, teenstrydige inligting oor sy ervaring ingedien en sommige verwysingsbriewe was moontlik nie onafhanklik nie. Rudie Heyneke van OUTA sê elektroniese rekords […]
# Die verhoor van sewe mans wat aangekla word van die moord op kletsrymer Kiernan “AKA” Forbes en sjef Tebello “Tibz” Motsoane, sal in Oktober in die Hooggeregshof in Durban begin. Die verhoor sal in twee fases plaasvind, vanaf 5 Oktober tot 6 November, en weer van 12 April tot 14 Mei volgende jaar. Die […]