# Die Suider-Afrikaanse Agri Inisiatief het boere aangespoor om vroeg voor te berei vir ‘n moontlike droë plantseisoen in 2026/2027. Dit volg na waarskuwings van hoër temperature en droogte wat verband hou met El Niño-toestande. Die voorsitter van Saai, Theo de Jager, sê boere moet hul aanplantings, begrotings en watergebruik noukeurig beplan, en moet ook […]
#Rugby: Die voormalige Springbok-losskakel Morné Steyn sê die groep van 2026 kan ‘n ongelooflike ervaring in môre se derde Toets teen die All Blacks op die FNB-stadion in Johannesburg verwag. Die stadion, bekend as die Calabash, sal na verwagting stampvol wees met tot 90-duisend toeskouers. Die slot Eben Etzebeth en die kaptein Siya Kolisi is […]
# Rugby: Die veteraan-Australiese stut James Slipper mik volgende jaar na ‘n vyfde Wêreldbekertoernooi op tuisbodem. Hy het hom pas tot ‘n 17de Superrugby-seisoen verbind deur sy kontrak met die Brumbies te verleng. Sy 154 toetse is die tweede meeste naas die Wallieser Alun Wyn Jones se 171, maar sê hy voel nog goed en […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand sê vroue wat in orgaanskenking- en oorplantingsdienste werk, help om pasiënte ‘n tweede kans te gee. Die Departement doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om orgaanskenking met hul families te bespreek, aangesien een skenker kan help om verskeie lewens te red. Die oorplantingskoördineerder Bongisa Ndamase sê opvoeding is […]
# Die adjunkminister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, sê die konstruksiebedryf moet nuwe tegnologie gebruik om veiligheid en projeklewering te verbeter. Zikalala het tydens die beraad oor die bou-omgewing in Kaapstad gesê hommeltuie, kunsmatige intelligensie en datastelsels kan help om risiko’s vroeg op te spoor en inspeksies te verbeter. Hy sê KI moet […]
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika moet voortgaan om waarheid en geregtigheid na te streef vir die anti-apartheidsaktivis Nokuthula Simelane, wat meer as 40 jaar gelede deur die veiligheidspolisie gedurende die apartheidsjare ontvoer en gemartel is en nooit gevind is nie. Ramaphosa het tydens die intreerede van die Nokuthula Simelane-gedenklesing aan die Universiteit van Mpumalanga gesê […]
# Die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur verwelkom president Cyril Ramaphosa se magtiging van ‘n ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid na die toekenning van ‘n padonderhoudsprojek in Noordwes. Die ondersoek sluit die P152-pad vanaf Setlagole en die P34-pad in Delareyville in. Die departement sê hy sal ten volle saamwerk en het reeds die nodige […]
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement waarsku teen ‘n bedrogspul waarin vals onderwysposte in ruil vir geld aangebied word. Bedrieërs gebruik WhatsApp-boodskappe waarin hul voorgee om skoolhoofde of distriksamptenare te wees, en belowe vaste poste teen betaling van ‘n magtigingsfooi van sowat twee-duisend-800-rand. Die WKOD se woordvoerder, Bronagh Hammond, sê wettige aanstellings vereis nooit betaling nie. Sy […]