# Iran en Amerika bly koppe stamp oor pogings om oorlog in die Golf permanent te beëindig. ‘n Senior Iranse bron het aan Reuters gesê daar was geen vordering in gesprekke om Junie se tussentydse ooreenkoms te laat herleef of met pogings om ‘n tydsraamwerk vir inwerkingstelling te bepaal nie. Dit volg nadat die Amerikaanse […]
# Amper twee derdes van Suid-Afrikaanse pendelaars sal treine kies as dienste veilig en betroubaar is. Die nuutste pendelaarverslag in ‘n opname deur die Universiteit van Kaapstad het bevind bevind 59-persent van privaat motorgebruikers en 62-persent van taxi- en buspendelaars sal na spoorvervoer oorskakel. Volgens Statistiek SA se 2025 huishoudelike opname, gebruik net 0,6-persent pendelaars […]
# Die Departement van Verdediging en Militêre Veterane het in die Parlement onder skoot gekom oor vertragings met die aanpak van die toenemende inbreuk van informele nedersettings op militêre basisse. Die departement sê dit bedreig nasionale veiligheid, militêre gereedheid en kritieke infrastruktuur. Carl Niehaus van die EFF het tydens die portefeuljekomitee se vergadering die departement […]
# Die DA gaan strafregtelike klagte indien teen wat hy bestempel as die tien mees ongewenste munisipale bestuurders. Die ses bestuurders van die Vrystaat, twee van die Oos-Kaap en een elk van Noordwes en die Wes-Kaap het na bewering nie finansiële state ingedien nie. Die DA se woordvoerder, Marina van Zyl, sê hulle moet die […]
# Rugby: Codie Taylor sal die All Blacks die eerste keer aanvoer in Saterdag se toerwedstryd teen die Bulle op Loftus Versfeld in Pretoria. Die span sluit ses spelers in wat betrokke was toe die toerspan die Haaie Dinsdag 54-0 afgeransel het in Durban. Die besoekers beskryf die Bulle as ‘n trotse span wat op […]
# Die Indiese akteur Arjun Rampal word ondersoek nadat ‘n video van hom met ‘n bedreigde gibbon, kommer onder natuurlewe-owerhede veroorsaak het. Amptenare ondersoek hoe die beskermde dier in sy besit gekom het en of natuurlewe-wette oortree is. Gibbons is klein langarm-apies inheems aan Asië, bekend vir hul kenmerkende geroep en vermoë om vinnig deur […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se metaal- en ingenieursektor het besondere veerkragtigheid getoon ondanks toenemende uitdagings. Hy het na knelpunte verwys tydens ‘n presidensiële sake-ontbyt van die Staal- en Ingenieursnywerheidsfederasie van Suider-Afrika in Ekurhuleni, Gauteng. Ramaphosa beklemtoon swak binnelandse aanvraag, logistieke beperkings, hoë elektrisiteitskoste, stuikelblokke in infrastruktuur, stygende invoer-mededinging, brose wêreldwye staalaanvraag en oortollige […]