# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement waarsku teen ‘n bedrogspul waarin vals onderwysposte in ruil vir geld aangebied word. Bedrieërs gebruik WhatsApp-boodskappe waarin hul voorgee om skoolhoofde of distriksamptenare te wees, en belowe vaste poste teen betaling van ‘n magtigingsfooi van sowat twee-duisend-800-rand. Die WKOD se woordvoerder, Bronagh Hammond, sê wettige aanstellings vereis nooit betaling nie. Sy beklemtoon vaste aanstellings word slegs op die departement se amptelike e-werwingstelsel geadverteer en skole hanteer self tydelike aanstellings. Hammond vra onderwysers om werksaanbiedings te bevestig en verdagte bedrywighede onmiddellik aan te meld.
Departement waarsku onderwysers oor bedrieglike werwings