Skip to content

Rugby: Morné Steyn sê Bokke gaan ongelooflike ervaring op FNB-stadion hê

#Rugby: Die voormalige Springbok-losskakel Morné Steyn sê die groep van 2026 kan ‘n ongelooflike ervaring in môre se derde Toets teen die All Blacks op die FNB-stadion in Johannesburg verwag. Die stadion, bekend as die Calabash, sal na verwagting stampvol wees met tot 90-duisend toeskouers. Die slot Eben Etzebeth en die kaptein Siya Kolisi is die enigste Springbokke wat al voorheen op die stadion gespeel het. Steyn het twee keer gedurende sy loopbaan daar gespeel en sê dis ‘n ander ervaring wanneer 90-duisend mense jou ondersteun.