# Rugby: Curwin Bosch sal die nommer tien-trui dra in sy eerste wedstryd vir die Bulle wanneer hulle Saterdag op Loftus teen die All Blacks speel. Hy het onlangs van Brive in Frankryk teruggekeer. Bosch se skakelmaat sal die Springbok Embrose Papier wees, met die veteraan Willie le Roux op heelagter. Hanro Liebenberg, wat onlangs […]
# Die Vrystaatse wetgewer werk saam met die Universiteit van Suid-Afrika en die Thabo Mbeki Afrika-skool vir Openbare en Internasionale Sake om demokratiese regering en openbare deelname te versterk. Dit val saam met die dertigjarige viering van Suid-Afrika se Grondwet, en is daarop gemik om grondwetlike opleiding, burgerlike betrokkenheid en gemeenskaps-deelname aan wetgewing te verbeter. […]
# Die BTS-lid ‘V’, oftewel Kim Tae-hyung, het onthul hy kry al vir ongeveer twee en ‘n half jaar behandeling vir gehoorverlies in sy regteroor. Die Suid-Koreaanse ‘boyband’ van sewe lede is een van die wêreld se grootste K-pop-sensasies. V sê sy gehoor het versleg terwyl hy in Suid-Korea se weermag gedien het. Hy het […]
# Zambiërs stem vandag in ‘n presidents-, parlementêre en plaaslike regeringsverkiesing, met president Hakainde Hichilema wat ‘n tweede termyn probeer beklink. Stembusse het vanoggend sesuur geopen en sluit vanaand sesuur, en die uitslae word Maandag verwag. Hichilema het sy veldtog gevoer oor Zambië se ekonomiese herstel en skuldherstrukturering, terwyl sy teenstander, die ervare parlementslid Brian […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se infrastruktuur-veldtog moet plaaslike nywerhede herbou en werk skep. Hy het tydens die Staal- en Ingenieurs-nywerheidsfederasie van Suider-Afrika se presidensiële nywerheidskonferensie in Ekurhuleni, Gauteng, gesê elke infrastruktuurprojek moet plaaslike produksie-vermoë uitbrei, voorsieningskettings versterk, vaardighede ontwikkel en opkomende nywerhede ondersteun. Ramaphosa erken vervaardigers het moeilike bedryfsomstandighede, maar dring aan die […]
# Die Kaapstadse hawe berei voor vir die komende besige vrugte-uitvoerseisoen na ‘n moeilike jaar wat vertragings en ontwrigtings veroorsaak het. Om bedrywighede te verbeter, sal hawewerkers gedurende die besige somermaande van Durban en Gqeberha na Kaapstad oorgeplaas word. Owerhede beplan ook om van die vrag na ander hawens te herlei om die druk te […]
# Patrice Motsepe het sy voorsprong vergroot in ‘n teoretiese wedloop om die volgende ANC-president te word. Dis volgens ‘n peiling van die Social Research Foundation wat deur News24 aangehaal word. Die voorsitter van African Rainbow Minerals klop ander potensiële mededingers soos adjunkpresident Paul Mashatile en sekretaris-generaal Fikile Mbalula. Die peiling verteenwoordig nie ‘n formele […]
# AfriForum het die voorgestelde wets-wysigings verwelkom om onwettige mynbou tot ’n ernstige misdryf te verklaar, met strawwe van tot 30 jaar tronkstraf en boetes van 100-miljoen-rand. Woordvoerder Jacques Broodryk sê dit moet misdaadsindikate in die geheel teiken, insluitend finansiers, werwers, kopers en mynwerkers. Hy sê onwettige mynbou beskadig gemeenskappe, plase, waterbronne en infrastruktuur. Hy […]