# Rugby: Die hoofafrigter van die All Blacks-vrouespan, Whitney Hansen, het ‘n span van 23 spelers aangewys om teen die Springbok-vrouespan op die FNB-stadion in ‘n geskiedkundige botsing te speel voordat die Springbokke Saterdag teen die All Blacks in die derde Rugby’s Great Rivalry-toets te staan kom. In die beginspan sal Georgia Ponsonby haar eerste […]
# Minstens vyf migrante is dood aangetref op ‘n boot wat reddingspanne naby die Kanariese Eilande opgespoor het. Oorlewendes sê nog tot 83 mense is moontlik tydens die reis dood. Die organisasie vir migranteregte, Walking Borders, sê die boot was 27 dae op see ná sy vertrek uit Gambië. Een-en-veertig oorlewendes is in Gran Canaria […]
# Die Vryheidsfront Plus sê hulle sal Amerikaanse owerhede nader oor Amazon Webdienste se vereiste dat besighede wat aan hul Suid-Afrikaanse beleggingsprogram deelneem, 100-persent in swart besit moet wees. Die party soek duidelikheid of die vereistes regeringsregulasies is of van Amazon self kom. Jaco Mulder van die VF Plus sê ras moet nie bepaal wie […]
# Die DA het nuwe bewyse by die Openbare Beskermer ingedien as deel van sy klagte teen die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie. Die party se woordvoerder, Leah Potgieter, sê die bewyse sluit kommer in oor die aanstelling van individue wat verbind word met die Patriotic Alliance op rade van openbare entiteite, […]
# ‘n Digte rookwolk as gevolg van veldbrande in Indonesië versprei tans oor Suidoos-Asië terwyl ‘n sterk El Niño warmer en droër toestande veroorsaak. Miljoene mense in Indonesië, Maleisië en naburige lande is blootgestel aan moontlike gevaarlike lug. Byna 95-duisend hektaar grond in Indonesië het in Julie gebrand, terwyl owerhede duisende brandpunte opgespoor het. Die […]
# Die voormalige adjunkhoof van Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan se regspan dink daaraan om sy ontslag in die hof te betwis. Hulle voer aan die proses was onreëlmatig en onbillik. Khan is afgedank nadat hy versuim het om ‘n interne dissiplinêre verhoor by te woon terwyl daar ernstige bewerings teen hom was. Sy aansoek om […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê staatsondernemings se rade moet onafhanklik wees, maar steeds aanspreeklik gehou word vir hul besluite. Nuwe navorsing toon ‘n behoefte aan aanstellings op grond van meriete, onafhanklike prestasie-evaluerings, sterker parlementêre toesig en gevolge vir swak bestuur. OUTA se woordvoerder Robyn Pasensie sê vaste vergoeding kan help om raadslede se onafhanklikheid […]