# Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle sal alles moet uithaal in vanaand se wedstryd teen hulle aartsvyand, Nigerië, in Marokko. Die wenner sal deurdring na FIFA se Tussenkonfederasie-uitspeelwedstryde en is steeds in tel vir ‘n plek in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Brasilië. Albei kon nie daarin slaag om die halfeindronde […]
# Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, gaan die einde van die maand vertrek om meer tyd saam met haar gesin deur te bring. Die 28-jarige was in die pos sedert president Donald Trump in Januarie verlede jaar weer aan bewind gekom het. Leavitt is gereeld gekritiseer vir die versterking van waninligting en beperking van […]
# Die Stad Tshwane sê meer as een-duisend-500 jongmense het baat gevind sedert die bekendstelling in Februarie van die Ithuba Jeug Ekonomiese Ontwikkelingsprogram. Die vennootskap tussen die metro en verskeie regerings-, NRO- en privaat sektor-instellings is daarop gemik om die aantal ekonomiese geleenthede vir jongmense te verbeter. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, […]
# Die Stad Kaapstad het tegniese bystand van meer as ‘n miljoen-rand van die Duitse ontwikkelingsagentskap GIZ goedgekeur ingevolge die Suid-Afrika-Duitse Energieprogram. Die program is in ooreenstemming met die metro se Energie-strategie en gestruktureer om Suid-Afrika se energie-oorgang te ondersteun deur samewerking vir ‘n betroubare, bekostigbare en skoon energiestelsel. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, […]
# President Cyril Ramaphosa het medelye betuig met die regering en mense van Zimbabwe na die tragedie op die Kariba-meer. Minstens 44 mense is dood toe ʼn oorlaaide veerboot gister omgeslaan het toe ‘n golf dit getref het. Sewe-en-sewentig mense is tot dusver gered. President Emmerson Mnangagwa het ʼn ramptoestand afgekondig. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent […]
# Die Stad Tshwane sê ‘n belangrike mylpaal in sy bestendigheidsplan vir elektrisiteit is bereik met die voltooiing van die installasie van ‘n nuwe transformator by die Mamelodi 2 Substasie. Die plan spreek kapasiteitsbeperkings aan, help met die versterking van die nodige elektrisiteit-infrastruktuur en verbeter die veerkragtigheid van die metro se elektrisiteitnetwerk. Die burgemeesterskomiteelid vir […]
# Rugby: Die All Black-senter Billy Proctor is uit die res van die Greatest Rivalry-toer na hy sy bladbeen gebreek het in Vrydag se oorwinning van 38-21 oor die Stormers in Kaapstad. Die losskakel Richie Mo’unga is as sy plaasvervanger opgeroep en sal môre in Johannesburg aankom. Die 32-jarige Mo’unga het die afgelope drie jaar […]