# Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings is as ‘n vriend van die hof toegelaat in ‘n saak voor die Appèlhof rakende uitvoere van die horings van renosters wat in aanhouding geteel is. Dit beïnvloed beskermde spesies en diere wat in aanhouding geteel word. Die DBV sê die diere se welsyn as geheel moet voorkeur kry wanneer owerhede besluit of handel toegelaat moet word. Die organisasie het voorheen die uitvoerkwotas vir leeubene suksesvol teengestaan. Die DBV sê die welsyn van renosters moet deeglik oorweeg word voordat horings vanaf Suid-Afrika uitgevoer word.
NDBV gekant teen uitvoer van horings van renosters in aanhouding