# Build One South Africa vra Stad Kaapstad om sy voorgestelde muur van 120-miljoen-rand langs die N2 te skrap en die geld te gebruik vir die bekamping van geweldsmisdaad. BOSA sê 869 mense is tussen April en Junie in Kaapstad vermoor, gelykstaande aan ‘n moord elke twee-en-‘n-half-uur. Die party sê die geld kan eerder vir […]
# Oorlewendes en afstammelinge van die Sharpeville-slagting in 1960 het ‘n geskiedkundige saak teen die regering in die Hooggeregshof in Pretoria aanhanging gemaak. Lawyers for Human Rights en Leigh Day ondersteun die groep wat die hof vra om die Vrywaringswet van 1961 tersyde te stel. Die wet het amptenare van die apartheidsregering teen aanspreeklikheid beskerm. […]
# Die Verenigde Nasies sê aardverwarming sal waarskynlik binne die volgende paar jaar die verwarmingsdrempel van 1,5-grade Celsius oorskry, met temperature wat selfs in die gunstigste omstandighede met tot 1,8-grade Celsius kan styg. Die VN-verslag sê huidige beleid kan lei tot verwarming van ongeveer 2,6-grade Celsius. Wetenskaplikes waarsku enige verdere styging in temperatuur kan die […]
# Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging moedig uitvoerders aan om saam te werk en toegang tot internasionale markte te verkry ingevolge die Groepsvrystelling vir die Bevordering van Uitvoere. Dit laat kwalifiserende ondernemings toe om sekere koste, infrastruktuur, markinligting en logistieke hulpbronne te deel, en soms gesamentlik produkte te bemark. Die maatreël reageer op […]
# Rugby: Die Mededingings-kommissie het ‘n ondersoek teen die Suid-Afrikaanse Rugby-unie begin na klagtes oor die verkoop van kaartjies vir losies. SARU en sommige van sy geaffilieerde agentskappe word beskuldig van onregverdige sakegebruike deur gasvryheids-losiepakkette net beskikbaar te stel vir aangestelde handelsregte-agentskappe soos Megapro en Sail. The Citizen berig die klaers eis volle deursigtigheid van […]