# Die GOOD-party sê hy is bekommerd dat Stellenbosch se munisipale raad se besluite Jamestown se historiese plaasgrond, kleinboere en watersekerheid toenemend onder druk van ontwikkeling plaas. Die munisipaliteit se 2019-rekord toon teenkanting teen die uitbreiding van die suidelike dorpsgrens van Jamestown, insluitend die landbou-kleinhoewes bekend as die Tuin-erwe tussen Webersvallei-weg en die Blaauwklippen-rivier. GOOD-woordvoerder […]
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Ben Shelton, en sy Amerikaanse landgenoot, Brandon Nakashima, gaan sake uitspook in die eindstryd van die Kanadese Ope in Montreal. Shelton het nog ‘n Amerikaner, Learner Tien, uitgeskakel terwyl Nakashima die Spanjaard Rafael Jodar verslaan het om sy eerste ATP Meesters-een-duisend-eindstryd te haal. In die vroueafdeling in Toronto sal die […]
# Die Departement van Minerale en Petroleum Hulpbronne sê die tragedie by die verlate mynskag in Nkaneng naby Rustenburg in Noordwes het plaasgevind binne die grense van ‘n gebied met ʼn geldige mynboupermit. Die liggame van 14 vermeende onwettige mynwerkers is Dinsdag in ʼn verlate mynskag gevind. Die departement se woordvoerder, Lerato Ntsoko, sê die […]
# Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê korrupsie vererger ongelykheid deur bestaande geslagsmagstrukture en raak kwesbare groepe in ‘n groter mate. Hy het die Universiteit Stellenbosch se Simposium oor Geslagsongelykheid en Teen-korrupsie toegespreek. Hy sê korrupsie is nie geslagsneutraal nie en vind plaas binne bestaande strukture van ekonomiese, politieke en maatskaplike […]
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo kan die dodelikste op rekord word. Meer as twee-duisend mense uit meer as vier-duisend-300 aangemelde gevalle is dood. Die uitbreking van 2014 tot 2016 in Wes-Afrika is steeds die dodelikste nadat meer as elf-duisend mense uit ongeveer 28-duisend gevalle dood is. Die WGO […]
# Die EFF en die MK-party kritiseer die Konstitusionele Hof se weiering om regstreekse toegang te verleen tot verlof om te appelleer teen die tussentydse interdik in die Phala Phala-saak teen president Cyril Ramaphosa. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het verlede maand ten gunste van Ramaphosa beslis om die werking van die ampsklagkomitee te vertraag tot sy […]