# ‘n Sonsverduistering het gister in Europa voorgekom met ‘n uiters skaars algehele verduistering wat in Spanje, Portugal, Ysland en Groenland te sien was. ‘n Sonsverduistering kom voor wanneer die maan direk tussen die aarde en die son inbeweeg en dan ‘n skaduwee op die aarde gooi. ‘n Gedeeltelike sonsverduistering waar ‘n deel van die […]
# Sokker: Die Europese kampioen, Paris Saint-Germain, het Aston Villa in Salzburg, Oostenryk, 2-1 verslaan en opeenvolgende EUFA-Superbekertitels ingepalm. Khvicha Kvaratskhelia het PSG se eerste doel aangeteken en die 17-jarige nuweling, Brian Madjo, het net voor rustyd die telling gelykop gemaak en die jongste puntemaker in die kompetisie geword. Désiré Doué het die wendoel aangeteken. PSG […]
# Die DA sê die bekendstelling van Suid-Afrika se Elektroniese Reismagtiging is ʼn groot stap vorentoe. Dit maak dit makliker om die land te besoek terwyl dit terselfdertyd grens-sekuriteit versterk. Die regering gaan intussen voort met strukturele hervorming om struikelblokke vir ekonomiese groei, belegging en werkskepping te verwyder. Adrian Roos van die DA sê ingewikkelde […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê hervorming en ekonomiese insluiting is morele en ekonomiese noodsaaklikhede wat sentraal staan tot Suid-Afrika se demokratiese politieke orde. Hy het gister die hoofrede gelewer by die Black Business Council se jaarlikse beraad in Johannesburg. Tau sê die land se ekonomie kan nie volhoubaar groei […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 13 Augustus 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig oor die verdoemende getuienis teen die polisie in KwaZulu-Natal wat voor die Madlanga-kommisie gelewer is. Die adjunkdirekteur van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Len John, het getuig van die polisie se gespesialiseerde taakspanne doen die vuilwerk van misdaadsindikate om teen teenstanders […]