# Die polisie in Noordwes het ʼn moordverdagte vasgetrek wat Dinsdag uit polisie-aanhouding ontsnap het terwyl hy vir mediese behandeling vervoer is. Tshepo Lobelo was een van vier aangehoudenes wat van die Pudimoe-polisiekantoor na die Maganeng-kliniek geneem is. Polisiewoordvoerder Anne Magakoe sê hy het met hul aankoms by die kliniek ontsnap en na bosse gevlug:
# Krieket: Die Internasionale Krieketraad het bevestig dat Indië die heel eerste Vroue-kampioenetrofee in Februarie sal aanbied. Sri Lanka het die geleentheid verloor nadat sy regering by sy krieketraad ingemeng het. Ses spanne sal aan die T20-toernooi deelneem: Suid-Afrika, Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland en Sri Lanka. Die Internasionale Krieketraad se uitvoerende hoof, Sanjog Gupta, sê […]
# Pensioners of South Africa vra ouer persone, gemeenskapsorganisasies en ondersteuners om Maandag landwyd deel te neem aan vreedsame byeenkomste buite SASSA-kantore. Die stigter, Chef JC, sê hulle eis dat die toelaag vir ouer persone van twee-duisend-400-rand per maand tot vyf-duisend-rand verhoog word. Hy sê dit sal ʼn waardiger en leefbare vlak van ondersteuning vir […]
# Activists and Citizens Forum verwelkom die afdanking van die adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, en sê dit sal die Polisiediens se integriteit en geloofwaardigheid herstel. Sy afdanking volg nadat hy versuim het om voor ʼn interne tugverhoor te verskyn oor beweerde wangedrag. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê dis bemoedigend om te sien […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile se skoonseun, Nceba Nonkwelo, het die 12,6-miljoen-rand wat hy aan die Gauteng Vennootskapfonds skuld, terugbetaal as deel van ‘n skikkingsooreenkoms. ‘n Reeks mediaberigte van News24 het aangevoer Nonkwelo Beleggings het tussen 2013 en 2017 lenings ter waarde sowat 30-miljoen-rand van die fonds ontvang vir die oprigting van studentebehuising in Johannesburg wat […]
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê twee nuwe entstowwe teen die Bundibugyo-stam van die Ebola-virus in die Demokratiese Republiek die Kongo word tans in veiligheidsproewe in Brittanje en Kanada getoets. Die amptelike sterftesyfer in die DRK se dodelikste Ebola-uitbreking ooit, is meer as drie-duisend. Die provinsie Ituri bly die middelpunt waar 88-persent van die sterftes was. Die […]