# Die Stad Tshwane sê hy gaan voort met sy program van stedelike ontwikkelingsbesoeke met die fokus op die Thorntree Mega-projek in Streke 1 en 2 in Soshanguve. Die ontwikkeling het reeds sowat 30-duisend wooneenhede en standplase gelewer. Die woordvoerder van die burgemeester Nasiphi Moya, Samkelo Mgobozi, sê by voltooiing sal grootskaalse infrastruktuurbelegging ‘n moontlike […]
# Die regering sê die regering, wetstoepassing en elke gemeenskap moet saamwerk aan ʼn veiliger Suid-Afrika. Statistiek Suid-Afrika se 2025/26-opname vir bestuur, openbare veiligheid en justisie toon baie burgers voel redelik veilig. Die regering se adjunkwoordvoerder, William Baloyi, is bekommerd dat minder as twee uit vyf mense veilig voel om snags alleen te stap. Hy […]
# Die DA sê die afdanking van die adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, moet die eerste van vele wees totdat alle korrupte polisie-amptenare ontslaan is. Dit het gevolg nadat hy nie by ‘n tugverhoor opgedaag het nie. Khan is beskuldig van wangedrag en dat hy die polisiediens in ‘n swak lig geplaas het. DA-woordvoerder Lisa […]
# Die Tshwane Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap sal oor die volgende vyf jaar meer as 17-miljoen-rand spaar nadat hy van privaat gehuurde kantore na ‘n perseel wat die die stad in Centurion besit, verskuif het. Die skuif verminder die agentskap se maandelike huurkoste van 373-duisend-703-rand tot sowat 74-duisend-rand, ‘n vermindering van 80-persent wat die stad sowat 3,6-miljoen-rand […]
# Die landbou-organisasie TLU SA sê sy jaarkongres in Pretoria het gefokus op landelike veiligheid, die beskerming van eiendomsregte, ekonomiese volhoubaarheid en die bewaring van grond en water. Die tema was: “Landbou: Begrond. Beskerm. Bewaar”. Hoofbestuurder Bennie van Zyl sê die paneelbesprekings het die basis gebied vir besprekings oor die beskerming van produsente en die […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking verwelkom die uitslag van die ondersoek na die Suid-Afrikaanse hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het Sooklal van alle blaam onthef nadat hy dieselfde godsdiensgeleentheid as oudpresident Jacob Zuma en staatskaping-verdagte, Ajay Gupta, in Haridwar, Indië, bygewoon het. Die […]
# Die MK-party vra dat die voorsitter van die parlementêre ampsklagkomitee onafhanklik moet wees en nie ʼn lid van die regering van nasionale eenheid nie. Die party het die komitee gekritiseer nadat hy sy eie besluit omgekeer het om advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier aan te stel ná ʼn klagte deur president Cyril Ramaphosa. Die […]