# Die MK-party vra dat die voorsitter van die parlementêre ampsklagkomitee onafhanklik moet wees en nie ʼn lid van die regering van nasionale eenheid nie. Die party het die komitee gekritiseer nadat hy sy eie besluit omgekeer het om advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier aan te stel ná ʼn klagte deur president Cyril Ramaphosa. Die MK-party sê ʼn onafhanklike voorsitter sou nie ʼn benoeming heropen het nadat die persoon wat ondersoek word, gekla het nie. Hy sê die komitee moet bo verdenking wees.
MK-party eis onafhanklike voorsitter vir Ampsklagkomitee