# President Cyril Ramaphosa het prinses Masalanabo Modjadji amptelik erken as die koningin van die Balobedu-koninginskap in Limpopo. Modjadji is op 18-jarige ouderdom, nou koningin Modjadji die sewende, in die enigste wettige erkende koninginskap in Suid-Afrika. Die presidensie sê haar erkenning, kragtens die Wet op Tradisionele en Khoi-San Leierskap, is ‘n betekenisvolle oomblik vir die […]
# President Cyril Ramaphosa het nuwe lede aangestel vir ‘n vyf-jaar-termyn in die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taal-gemeenskappe. Thoko Mkhwanazi-Xaluva sal die kommissie se voorsitter wees met George Mahlangu as adjunkvoorsitter. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die kommissie moet verseker Suid-Afrikaners kan hul kultuur, […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê misdaad is een van die grootste remskoene vir ekonomiese groei en ‘n ernstige struikelblok voor Suid-Afrika sy volle potensiaal kan bereik. Volgens die Wêreldbank kos misdaad jaarliks tot tien-persent van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk. Die instituut het vandag sy jongste publikasie bekendgestel met die titel, Solutions to SA’s […]
# Die organisasie, Khulisa Social Solutions sê oorlewendes van geslagsgeweld is vasgevang in siklusse van mishandeling weens vrees, finansiële afhanklikheid of maatskaplike druk. Die organisasie het onlangs met meer as twee-duisend mense in aanraking gekom as deel van die 16 Dae van Aktivisme-projek. Die woordvoerder, Lesley Ann van Selm, sê om opleiding, opvoeding, werksgeleenthede en […]
# Die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, gaan vandag die metro se Re a Spana-program in Bon Accord in Streek 2 lei. Die program is deel van Tshwane se 100-dae-aksieprogram. Dit is ‘n kruis-funksionele versnelde diensleweringsoperasie wat opruiming, dienslewering en die afdwing van munisipale regulasies kombineer. Vandag se bedrywighede sluit in wetstoepassingsoperasies, uitreiking na haweloses, […]
# Die Johnson-Rose-kankerstigting maak ‘n verskil in die lewe van kankerpasiënte sonder mediese fonds deur ‘n program van maandelikse skenkings van 100-rand. Dit bied noodsaaklike steun, insluitend die befondsing van behandeling, vervoer en bykomstige dienste. Die stigting sê dié kritieke sorg is veral tydens die feesseisoen noodsaaklik wanneer sommige gesinne die angs van kankerdiagnoses moet […]
# Die gewese minister van Finansies, Trevor Manuel, is voorsitter van die G20 se paneel van Afrika-kenners tydens Suid-Afrika se G20-presidentskap. Die paneel sal leiers raad gee oor Afrika se maatskaplike en ekonomiese probleme, veral die toenemende skuldkrisis. Manuel se rol pas by sy onlangse aanstelling op ‘n kennersgroep van die Verenigde Nasies wat optrede […]
# President Cyril Ramaphosa word gekritiseer oor die vertraging met die aanstelling van ʼn permanente adjunkhoofregter. Die pos is reeds vyf maande vakant. Judges Matter se woordvoerder, Mbekezeli Benjamin, sê die aanstelling is dringend weens die adjunkhoofregter se belangrike rol om regsetiek te beskerm en hoofregter Mandisa Maya se hervormingsvisie te ondersteun. Hy sê die […]
# Motoriste in Gauteng is dringend versoek om hierdie feestyd veilig te bestuur omdat die groot getal voertuie verhoogde padgevare meebring. Die LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tkabeka, het klem geplaas op die noodsaaklikheid van verantwoordelike bestuur en gevra vir strenger optrede teen roekelose bestuur. Sy vra ook wedersydse respek tussen padgebruikers en wys […]