# Rugby: Die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, sê hulle sal moet verbeter voor volgende Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kwarteindstryd teen die Ierse span, Munster, op Loftus Versfeld. Die Bulle het die Italiaanse span Benetton 45-19 afgeransel vir ʼn tuis-kwarteindstryd. Dit was hul sesde agtereenvolgende sege, wat die vierde plek op die punteleer verseker het. Munster het […]
# Die metropolisie-afdeling van die Stad Johannesburg het sy kommer uitgespreek oor ‘n misleidende video wat op sosialemediaplatforms versprei word. Daarin word beweer dat metropolisiebeamptes onlangs vyf buitelanders wat onwettig in die land is met gesteelde verkeersligte in hul besit betrap het. Die woordvoerder van die metro, Xolani Fihla, sê dié arrestasies het nie plaasgevind […]
# Forum for South Africa neem kennis van berigte dat die beskuldigde, Vusimusi “Cat” Matlala, met die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie beraadslaag oor ʼn moontlike pleitooreenkoms. Dit hang blykbaar af van sy gewilligheid om bewyse te verskaf wat sekere mense betrek by die korrupsie-ondersoek na sy maatskappy, Medicare24. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê indien Matlala […]
# Altesaam 351 verdagtes is die naweek tydens ʼn multidissiplinêre misdaadvoorkomingsoperasie in Mamelodi-Oos en Silverton in Tshwane vasgetrek. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê die verdagtes se misdade sluit in moord, poging tot moord, gewapende roof en verkragting. Hy sê 36 onwettige immigrante is aangekeer en aan die Departement van Binnelandse Sake oorhandig vir verdere […]
# Die Teenkorrupsie-ondersoekdirektoraat het ontken dat hy ‘n lasbrief bekom het vir die inhegtenisneming van die KwaZulu-Natalse polisie-kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Dit volg op sosiale media-bewerings oor die marteling van verdagtes tydens ondervraging. Die direktoraat se woordvoerder, Henry Mamothame, sê dis duidelik dat die bewerings versin is om die eenheid se werk te ontwrig en die […]
# Die Forum for South Africa beskuldig die Stad Tshwane dat hy staatsfondse misbruik. Dit volg nadat burgemeester Nasiphi Moya onthul het die metro bestee jaarliks minstens 30-miljoen-rand aan die salarisse van geskorste amptenare. Sowat 80-persent hiervan hou verband met die Rooiwal-watersuiweringsaanleg se tenderskandaal, asook ander 2023-sake waarby senior amptenare betrokke is. FOSA-leier Tebogo Mashilompane […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Mobiliteit verwelkom ʼn onlangse verslag van die Padverkeersbestuurskorporasie waarin bevestig word dat die getal bedrieglike leerlingrybewyse afgeneem het. Dit volg nadat die gerekenariseerde leerlingrybewys-toetsstelsel ingestel is en die slaagsyfer nasionaal van 68-persent tot 40-persent afgeneem het. Die LUR, Isaac Sileku, sê die opgegradeerde toetsomgewing verbeter betroubaarheid, toeganklikheid en regverdigheid teenoor […]