# Die Ikusasa-studente-finansieringsprogram vra sterker samewerking tussen die regering, skole, universiteite en ondernemings om die tekort aan professionele ingenieurs en inligtingstegnologie-personeel teen te werk. Die organisasie sê Suid-Afrika benodig beter loopbaan-voorligting, studentesteun en befondsing om meer jongmense te help om te kwalifiseer vir loopbane met skaars vaardighede. Hy voeg by die bou van ‘n sterker […]
# President Cyril Ramaphosa sê die nuwe elektroniese reismagtigingstelsel is aanvanklik in vier sleutelmarkte bekendgestel, naamlik China, Indië, Indonesië en Mexiko. In sy toespraak by die bekendstelling van die digitale stelsel by OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng, het Ramaphosa gesê die stelsel sal mettertyd na meer lande uitgebrei word as deel van die regering […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê die omgewingsektor skep duisende geleenthede vir jong Suid-Afrikaners. Meer as vyf-duisend gegradueerdes in die omgewingsektor het werkplasings gekry en meer as 24-duisend-500 werksgeleenthede is in die eerste kwartaal van 2026/27 geskep. Jongmense het 81-persent van hierdie geleenthede ontvang. Adjunkminister Narend Singh sê geleenthede strek oor […]
# Die Madlanga-kommissie het gehoor ondersoeke na moorde deur polisietaakspanne weerspreek soms bewerings dat verdagtes eerste geskiet het. Die adjunkdirekteur van Ondersoeke in die KwaZulu-Natalse Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Len John, sê ondersoekers het herskeppings van misdaadtonele gevind wat toon verdagtes wat dood is, het nie op polisielede losgebrand nie. John onthul oor ‘n tydperk van drie […]
# Die adjunkdirekteur van Ondersoeke van die KwaZulu-Natal Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Len John, het aan die Madlanga-kommissie onthul dat sommige polisietaakspanne moontlik in taxi-verwante konflikte gebruik is. John het vrae gevra oor hoe beamptes ‘n taxi-eienaar opgespoor het wat weggekruip het nadat hy deur mededingers gdreig is. John het ook bevraagteken of mededingende taxi-operateurs die polisie […]
# Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê enigiemand wat probeer om hierdie naweek die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-beraad in Durban, KwaZulu-Natal te ontwrig, sal in hegtenis geneem word. Die waarskuwing volg op planne deur die groep teen onwettige migrasie, March and March, om te betoog tydens die 46ste SAOG-beraad by die Inkosi Albert Luthuli Internasionale Konferensiesentrum. […]
# Die ANC sê hy sal strenger stappe teen korrupsie en swak bestuur in munisipaliteite neem as deel van sy 2026 plaaslike regeringsverkiesingsmanifes. Stella Ndabeni-Abrahams van die party sê die ANC beplan ook om toesig te verskerp, om te verhoed dat amptenare wat weens wangedrag afgedank is tussen munisipaliteite beweeg, en om dienslewering te verbeter […]