# Sakevertroue is bestendiger, maar op ʼn vlak wat steeds te laag is om die groter belegging en groei in indiensneming wat Suid-Afrika nodig het, te ondersteun. Dit is volgens die jongste Sakevertroue-aanwyser wat deur die finansiëledienstefirma, RMB, en die Buro vir Ekonomiese Navorsing uitgegee is. Sakevertroue het in die derde kwartaal met ʼn punt […]
# Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, was gister deel van nog ʼn polisie-geleide soek-en-beslagleggingsoperasie by ses skole. Dit bring die aantal skole in die provinsie wat deursoek is op 23 te staan. Gister se operasie was by die Sehopotso Secondary School en BoteboTsebo Secondary School in Sebokeng, Residentia Secondary School in Vanderbijlpark, Sapphire […]
# AfriForum het aan die minister van Finansies, Enoch Godongwana, geskryf en eis ʼn onafhanklike oudit van die brandstofprys en -heffing, insluitend die algemene brandstof-, koolstof- en Padongelukkefonds-heffing. Petrolpryse het hierdie maand met een-rand-34-sent per liter gestyg terwyl diesel tussen twee-rand-93-sent en drie-rand-15-sent per liter meer kos. Ernst van Zyl van AfriForum sê die tydelike […]
# Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie se sekretaris-generaal, Mark Rutte, waarsku dat Rusland al roekeloser raak terwyl sy oorlog teen Oekraïne voortduur. Hy sê NAVO sien meer Russiese hommeltuie en missiele in bondgenote se lugruim langs die oostelike flank, wat ʼn groter gevaar vir Europa se veiligheid skep. Dit volg nadat Duitsland vasgestel het dat Moskou verlede […]
# President Donald Trump het voorgestel dat die Straat van Hormoes na ‘Trumpstraat’ hernoem word. Dit volg nadat Washington en Iran aanvalle hervat het en steeds in ‘n dooiepunt oor die Straat verkeer. Teheran eis die reg op beheer oor die strategiese waterweg; die VSA sê egter dit is ‘n internasionale waterweg. Minstens 26 vaartuie […]
# Airlink het sy aansoek om goedkeuring vir ‘n oorvlug voor Saterdag se derde toets tussen die Springbokke en die All Blacks in Johannesburg teruggetrek. Dit volg terwyl die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid ondersoek instel na die afgelope naweek se Airlink-oorvlug oor Kaapstad-stadion voor die tweede toets, na kritiek oor die hoogte van die oorvlug. Die owerheid […]
# Die Verkiesingskommissie sê sy verslae toon geen bewyse van probleme met sy kandidaatbenoeming-stelsel op die sperdatum nie. Dit volg nadat die ANC sê tegniese foute het hom verhoed om kandidaatlyste vir verskeie munisipaliteite voor verlede Vrydag se sperdatum in te dien. Die kommissie het dit egter verwerp en gesê sy aanlyn stelsel was operasioneel. […]
# Rugby: Die Springbok-haker Johan Grobbelaar sal tot 2030 vir die Bulle speel nadat hy reeds in 2017 na Pretoria verhuis het. Hy het meer as 100 wedstryde vir die unie se verskillende spanne gespeel, en tien toetse vir Suid-Afrika sedert sy debuut in 2024. Die Bulle sê in ‘n verklaring die 30-jarige Grobbelaar is […]
# Standard Bank sê China se nultariefbeleid skep nuwe geleenthede vir uitvoerders vanuit Suid-Afrika, Kenia, Zimbabwe en Nigerië om die Chinese mark te betree en uit te brei. Die bank sê laer invoerregte help besighede soos Suid-Afrikaanse vrugte- en wynprodusente om koste te verminder en hul uitvoermarkte te diversifiseer. Hy sê sterker betalingstelsels wat China […]