# Airlink het sy aansoek om goedkeuring vir ‘n oorvlug voor Saterdag se derde toets tussen die Springbokke en die All Blacks in Johannesburg teruggetrek. Dit volg terwyl die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid ondersoek instel na die afgelope naweek se Airlink-oorvlug oor Kaapstad-stadion voor die tweede toets, na kritiek oor die hoogte van die oorvlug. Die owerheid sê hy het met voldoeningsverifikasies begin, Airlink betrek en die vlugdata-opnames afgelaai. Hy sê hy het nou met die ontledingsproses begin.
Airlink onttrek aansoek vir oorvlug tydens derde toets te midde van ondersoek deur Burgerlugvaartowerheid