# Die adjunkdirekteur van Ondersoeke in die KwaZulu-Natalse Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Len John, het voor die Madlanga-kommissie getuig sekere polisiebeamptes word verbind met die insleepbedryf en beskryf dit as vrye toegang tot misdaad. Hy beweer insleepdienste word gebruik om dwelms te vervoer, met polisielede wat hierby betrokke is. John beklemtoon dit blyk asof die bedryf en […]
# President Vladimir Putin waarsku oor vergelding as Europese lande op Rusland se handelsvaartuie beslag lê. Die staatsnuusagentskap TASS berig die Europese Unie verskerp druk op Rusland se sogenaamde skaduvloot. Die EU het sy sanksies teen honderde vaartuie uitgebrei, terwyl sekere skepe en hul bemannings aangehou word vir inspeksies. Verskeie Europese regerings het aangedui hul […]
# Die konsep-bygewerkte Nasionale Bioverskeidenheid-strategie en -aksieplan vir 2026 tot 2035 is vir openbare kommentaar gepubliseer. Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, sê dit sal Suid-Afrika se pogings lei om bioverskeidenheid te bewaar en volhoubaar te gebruik. Die strategie stem ooreen met die globale Kunming-Montreal-bioverskeidenheids-raamwerk wat in 2022 aanvaar is. Die […]
# Build One South Africa sê die regering bestee miljarde aan kolleges vir Tegniese en Beroeps-onderwys en -opleiding sonder om te weet hoeveel studente gradueer. BOSA se leier, Mmusi Maimane, sê die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, het erken die departement beskik nie oor voldoende betroubare nasionale data oor programvoltooiing en uitvalkoerse nie. Hy […]
# Die landbou-organisasie TLU SA het ‘n nasionale veldtog geloods teen voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer. Woordvoerder Caria van der Merwe sê die veranderings kan verreikende gevolge hê vir boere, landelike gemeenskappe en wettige vuurwapeneienaars. Die veldtog het ten doel om te verseker die landbougemeenskap se bekommernisse word gehoor. Van der Merwe sê […]
# Krieket: Afganistan sal die gasheerland wees in volgende maand se drie T20-wedstryde teen Indië in Delhi, Indië. Afganistan het sedert 2021 meestal hul tuiswedstryde in die Verenigde Arabiese Emirate gespeel weens veiligheidsbekommernisse in hulle vaderland. Die voorsitter van Afganistan se Krieketraad, Mirwais Ashraf, sê hulle glo Indië bied ‘n uitstekende omgewing vir die reeks, […]
# Die Benchmarks-stigting sê voorgestelde veranderings aan Suid-Afrika se mynbouwette sal moontlik nie die steutelfigure in onwettige mynbousindikate teiken nie. Die Wysigingswetsontwerp op Algemene Mynbouwette stel voor onwettige mynbedrywighede en verwante bedrywighede moet tot misdade verklaar word, met boetes van tot 100-miljoen-rand en tronkstraf van tot 30-jaar. ‘n Navorser, David van Wyk, sê die owerhede […]
# Suid-Korea het ‘n omvattende tegnologiestrategie onthul wat op sewe sleutelprojekte fokus en wissel van kernenergie en kwantumrekenaars tot ruimtevaart en biotegnologie. Die land wil nuwe dryfkragte vir ekonomiese groei ontwikkel wat verder strek as halfgeleiers en kunsmatige intelligensie. President Lee Jae-myung het tydens die bekendstelling gesê die strategie verenig doelwitte. Dit sluit in die […]