# Rugby: Die All Black-veteraan Ma’a Nonu het toestemming van sy ou span gekry voor hy gisteraand sy antwoord op die tradisionele haka op Kingspark in Durban uitgevoer het. Hy het vir die Haaie teen die toerspan gespeel nadat hy onlangs as mentor by hulle aangesluit het. Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê […]
# Die vakbondfederasie SAFTU sê duisende verlate, vervalle en onbeveiligde myne het doodstrikke, omgewingsgevare en ‘n teelaarde vir georganiseerde misdaadsindikate geword. Veertien onwettige mynwerkers is gister dood in ‘n rotstorting in ‘n myn in Nkaneng naby Rustenburg in Noordwes. Die meeste van hulle was van Lesotho. Asive Dyani van SAFTU sê die tragedie toon opnuut […]
# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, het ‘n dringende ondersoek gelas na bewerings van seksuele wangedrag wat onderwysers en leerders van die Spesiallisskool Curtis Nkondo in Emdeni, Soweto, betrek. Die departement se woordvoorder, Onwabile Lubhelwana, sê ‘n graad 11-leerder se klagte teen ‘n onderwyser word ondersoek, sowel as ander bewerings wat onderwysers betrek. […]
# Die Presidensie het Eskom se voorsitter, Mteto Nyati, tereggewys omdat hy in die openbaar planne bevraagteken het om die kragvoorsiening te herstruktureer. Hy het gewaarsku dat die oordrag van transmissiebates leningsooreenkomste, rekeningkunde en effektehouers kan beïnvloed. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die regering is daartoe verbind om te verseker dat Eskom nie […]
# Die Grensbestuursowerheid sê die onlangse massa-uitsettings het nie daarin geslaag om buitelanders te ontmoedig om die land weer binne te kom nie. Altesaam 89-duisend-936 mense is teen 7 Augustus uit die land gerepatrieer, teen ‘n koste van byna 293-miljoen-rand. Die owerheid het vier-duisend-229 individue vanaf Zimbabwe, Lesotho en Mosambiek onderskep wat tussen 1 April […]
# Die Mining Affected Communities United in Action sê georganiseerde onwettige mynbedrywighede, geweld, mensehandel en die onwettige handel in minerale vereis doeltreffende staatsingryping. Die kabinet gaan akkoord met die Wysigingswetsontwerp op Algemene Mynwette, wat volgens die regering die stryd teen onwettige mynbedrywighede deur middel van wetgewing sal verskerp. Christopher Rutledge van MACUA sê dit is […]