# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, het ‘n dringende ondersoek gelas na bewerings van seksuele wangedrag wat onderwysers en leerders van die Spesiallisskool Curtis Nkondo in Emdeni, Soweto, betrek. Die departement se woordvoorder, Onwabile Lubhelwana, sê ‘n graad 11-leerder se klagte teen ‘n onderwyser word ondersoek, sowel as ander bewerings wat onderwysers betrek. […]
# Die Presidensie het Eskom se voorsitter, Mteto Nyati, tereggewys omdat hy in die openbaar planne bevraagteken het om die kragvoorsiening te herstruktureer. Hy het gewaarsku dat die oordrag van transmissiebates leningsooreenkomste, rekeningkunde en effektehouers kan beïnvloed. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die regering is daartoe verbind om te verseker dat Eskom nie […]
# Die Grensbestuursowerheid sê die onlangse massa-uitsettings het nie daarin geslaag om buitelanders te ontmoedig om die land weer binne te kom nie. Altesaam 89-duisend-936 mense is teen 7 Augustus uit die land gerepatrieer, teen ‘n koste van byna 293-miljoen-rand. Die owerheid het vier-duisend-229 individue vanaf Zimbabwe, Lesotho en Mosambiek onderskep wat tussen 1 April […]
# Die Mining Affected Communities United in Action sê georganiseerde onwettige mynbedrywighede, geweld, mensehandel en die onwettige handel in minerale vereis doeltreffende staatsingryping. Die kabinet gaan akkoord met die Wysigingswetsontwerp op Algemene Mynwette, wat volgens die regering die stryd teen onwettige mynbedrywighede deur middel van wetgewing sal verskerp. Christopher Rutledge van MACUA sê dit is […]
# City Power hanteer meer as ses-duisend uitstaande onderbrekings-klagtes in Johannesburg namate ysige temperature die vraag na elektrisiteit verhoog. Die kragonderneming sê ongunstige weerstoestande vertraag reaksietye, terwyl verhoogde kragverbruik bykomende druk op die elektrisiteitsnetwerk plaas. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê spanne werk om die toevoer te herstel. Hy vra inwoners om onderbrekings deur […]
# Die SABC benodig 120-miljoen-rand om regverdige en omvattende dekking van November se plaaslike regeringsverkiesing te verseker. Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Khusela Sangoni-Diko, sê geld is nodig vir redaksionele bedrywighede, tegnologie, uitslagdata en digitale dienste. Sy waarsku die openbare uitsaaier is op die rand van ineenstorting en […]
# Krieket: Die snelbouler Scott Boland en die paaltjiewagter Josh Inglis is uit Australië se groep gelaat vir die reeks van twee toetse teen Bangladesj, wat môre in Darwin begin. Die veteraan-draaibouler Nathan Lyon is terug na ‘n langtermynbesering en die ervare Mitchell Starc en Josh Hazlewood is ook ingesluit vir Australië se eerste toets […]