# Sokker: Die Afrika Mayibuye-beweging verwelkom die aanstelling van Pitso Mosimane as Bafana Bafana se nuwe hoofafrigter. Die 62-jarige neem oor by Hugo Broos en was vanaf Julie 2010 tot Junie 2012 ook die nasionale afrigter. Die beweging sê Mosimane is een van Afrika se voorste afrigters en sy terugkeer na Bafana Bafana bied ‘n […]
# Gholf: Tiger Woods, die wenner van 15 major-toernooie, moet vandag in ‘n hof in Florida verskyn en sal volgens berigte nie meer onskuldig pleit in sy saak van bestuur onder die invloed nie. Die 50-jarige is in Maart in hegtenis geneem nadat hy met sy Land Rover in Florida ‘n ongeluk gemaak het. Hy […]
# Die kommissaris van die Inkomstediens, Johnstone Makhubu, sê die belastingowerheid het herstel ná die skade wat tydens staatskaping aangerig is. Hy het op die Finansiële Beraad gesê belasting-invorderings het die afgelope vyf agtereenvolgende jare ekonomiese groei oortref. Die diens het in die 2025/26-boekjaar ‘n rekordbedrag van 2,01-duisend-miljard-rand ingevorder, ‘n styging van 8,4-persent, vergeleke met […]
# Die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het aan die Madlanga-kommissie bevestig die sakeman Malcolm X was ‘n informant. Lebeya het aanvanklik geaarsel voor hy toegegee het. Die bevestiging volg na die klopjag op die sakeman Katiso “KT” Molefe se huis. Malcolm X het voorheen ontken dat hy ‘n polisie-informant was. Lebeya sê […]
# Tennis: Die belowende jong Filippyn Alexandra Eala het maklik deurgedring na die tweede ronde van die Amerikaanse Ope. Die 21-jarige het net drie potte afgestaan onderweg na haar oorwinning oor die plaaslike speler Mary Stoiana op die Louis Armstrong-stadion in New York. Eala het verlede maand tot 18de op die wêreldranglys opgeskiet nadat sy […]
# China se Nasionale Energie-administrasie sê die land se geïnstalleerde sonkrag-vermoë het teen die einde van Julie 1,286-miljard kilowatt bereik. Geïnstalleerde sonkrag-vermoë het die eerste keer steenkool-krag verbygesteek om die grootste kragbron in China te word. China het in die eerste sewe maande van vanjaar meer as 86 gigawatt sonkrag bygevoeg, wat die algehele sonkragvermoë […]
# FNB se senior landbou-ekonoom, Paul Makube, sê vandag se skerp brandstofprysverhoging kom op ‘n kwesbare tyd vir die landbousektor, slegs weke voor die begin van die somergewas-produksieseisoen. Petrolpryse het met een-rand-34-sent per-liter gestyg, en dieselpryse met tussen twee-rand-93- en drie-rand-15-sent per-liter. Makube sê die jongste styging in dieselpryse dui aan kostedruk kan weer begin […]