# Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, veroordeel die uitbrand van meubels en ontwrigting van onderrig en leer by die Eastbank High School in Alexandra. Vier lessenaars en twee stoele is gister in ʼn brand op die skoolterrein vernietig. Die departement se woordvoerder, Onwabile Lubhelwana, sê die skool illustreer die aansienlike druk op dele […]
# President Donald Trump sê hy vertrou Iran nie en Amerika het algehele beheer oor die Seestraat van Hormoes. Teheran het verklaar hy sal nie die strategiese waterweg oopmaak nie, tensy Washington instem om oorlogsvergoeding te betaal en sanksies te beëindig. Sowat ‘n vyfde van die wêreld se olie en vloeibare gas beweeg normaalweg daardeur. […]
# Die Vryheidsfront Plus in Ekurhuleni sê die vorderingsverslag oor die tugproses teen die metro se voormalige inligtingshoof, Moloko Monyepao, bied nog nie antwoorde nie. Hy is onlangs afgedank nadat hy meer as ʼn jaar voorlopig geskors was. Monyepao word van growwe wangedrag beskuldig wat verband hou met finansiële verliese by Ekurhuleni. Die VF Plus-woordvoerder, […]
# Landwye Shanela Twee-operasies het die naweek gelei tot die inhegtenisneming van 20-duisend-211 verdagtes, insluitend 275 vermeende seksoortreders. Neëntig persone is in verskillende dele van die land weens verkragting aangekeer. Die polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê nakomingsinspeksies by sakeondernemings en aktiwiteite wat met onwettige optrede verband hou, is ook uitgevoer en 484 ongelisensieerde drank-verkooppunte is […]
# Die Stad Kaapstad sê munisipaliteite dra die operasionele verantwoordelikheid vir afvalbestuur en moet ingesluit word by sleutelbeplanning-, befondsing- en besluitnemingsprosesse. Die nasionale Uitgebreide Vervaardiger-verantwoordelikheid sal na verwagting ‘n toenemend belangrike rol speel in die vermindering van afval by die bron. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê die huidige stelsel bied steeds aansienlike […]
# ʼn Vermeende bendelid verskyn na verwagting vandag in die Boksburg-landdroshof in Gauteng op aanklagte van moord en besit van ongelisensieerde vuurwapens. Die 23-jarige man is vasgetrek in verband met die moord op vier persone, insluitend twee lede van die teenbende-eenheid, die naweek in Reigerpark. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê die verdagte se […]