# Nooddienswerkers werk onverpoosd om oorlewendes te vind nadat ʼn aardbewing van 7.4 Maandag die weste van Colombia getref en meer as 240 lewens geëis het. Byna twee-duisend-600 mense is beseer en sowat 200 word vermis. Naskokke het gister in Cali voorgekom wat een van die stede is wat die ergste deurgeloop het. Nooddienswerkers in […]
# Die Suid-Afrikaanse regering eis vergoeding van die regerings van Malawi, Nigerië en Ethiopië vir die koste om hul landsburgers te repatrieer. Die Grensbestuursowerheid het bekendgemaak dat 89-duisend-936 mense teen 7 Augustus deur Suid-Afrikaanse grensposte gerepatrieer is. Die Departement van Binnelandse Sake se direkteur-generaal, Tommy Makhode, sê die massa-repatriasie van onwettige buitelanders het die staat […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 12 Augustus 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Departement van Binnelandse Sake het by die Tesourie aangeklop vir noodfondse aangesien die repatriasie van migrante sy begroting uitgeput het. Die repatriasie het sowat 300-miljoen-rand gekos. # En die Netwerk24-webblad: Berig die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, […]
# Rugby: Die All Blacks het die Haaie op ʼn nat en koue Kingspark in Durban met 54-0 afgeransel om agtereenvolgende oorwinnings in Suid-Afrika te behaal ná verlede week se sege teen die Stormers. Fehi Fineanganofo het twee van Nieu-Seeland se agt drieë gedruk, terwyl Jordie Barrett, Damian McKenzie en Caleb Clarke ook drieë bygedra […]
# Die pas aangestelde Noordwes-polisiekommissaris, Arthur Adams, sê die monitering van gelisensieerde myn-persele moet verskerp word. Dit volg nadat 14 vermeende onwettige myners dood en talle ander gister beseer is ʼn rotsstorting by ʼn verlate mynskag in Nkaneng naby Rustenburg. Adams sê die polisie sal voortgaan om saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te werk […]
# Die Parlement verwerp die National Coloured Congress-leier, Fadiel Adams, se bewering dat skootrekenaar-probleme sy vertraagde reaksie op die Madlanga-kommissie veroorsaak het. Hy beweer hy kon nie op ʼn amptelike kennisgewing reageer nie weens ʼn probleem met sy skootrekenaar wat deur die Parlement uitgereik is. Volgens die kennisgewing moes hy vrae beantwoord oor strafregtelike klagtes […]
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy verskerp sy reaksie op die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo. Vier-duisend-381 bevestigde gevalle is aangemeld en twee-duisend-en-11 mense is aan die virus dood. Die middelpunt van hierdie uitbreking van die Bundibugyo-spesie van Ebola is in die ooste van die DRK waar onsekerheid pogings om dit te beheer, belemmer. […]