# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê Leonard Lekgetho is aangestel as nuwe hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid terwyl die regering sy pogings voortsit om korrupsie te bekamp. Lekgetho het 19 jaar ervaring in die eenheid. Woordvoerder Palesa Rammitlwa sê Kubayi glo sy ondervinding en grondige kennis sal hom goed te […]
# Oekraïne se president, Volodimir Zelensky, waarsku lugrederye en passasiers om die Russiese lugruim te vermy en sê dit word al onveiliger. Kiëf het sy lugruim vir burgerlike vliegtuie gesluit toe die oorlog begin het. Lugrederye van China, Turkye en die Golf-state is onder dié wat die Russiese lugruim gebruik. Zelensky sê sy land gaan […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare doen ʼn beroep op die regering om dringend maatreëls in te stel wat Suid-Afrikaners teen vandeesmaand se skerp styging in brandstofpryse kan beskerm. Albei grade petrol het met een-rand-34-sent per liter gestyg terwyl diesel tussen twee-rand-93-sent en drie-rand-15-sent per liter meer kos. Die vakbond-woordvoerder, Claude Naicker, sê dringende maatreëls, soos onmiddellike […]
# Die DA sê die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling moet rekenskap gee oor die inenting van diere teen bek-en-klouseer. Dit volg nadat die departement erken het slegs 540-duisend diere is teen die siekte ingeënt terwyl hy meer as 757-duisend-340 entstofdosisse ontvang het. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê dit beteken meer as […]
# Die vakverbond Cosatu sê hy is bemoedig deur die daling in sommige ernstige misdade soos aangedui in die jongste kwartaallikse misdaadstatistiek vir die tydperk tussen April en Junie 2026. Volgens Statistiek Suid-Afrika was daar ʼn daling van 5,9-persent in moorde, 17,6-persent minder huisbrake, en ʼn 21-persent-daling in vragmotorkapings. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê ten spyte […]
# Rugby: Die Springbokke se skrumafrigter, Daan Human, sê dis nie in sy aard om te probeer kul of sy spelers onwettige skrumopdragte te gee nie. Nieu-Seeland se afrigter, Dave Rennie, het Suid-Afrika beskuldig van onderduimse taktiek in die skrum. Hy beweer die Bokke loop om hul teenstanders in die vaste fasset. Human sê hulle […]