# Thailand se regering het die uitreiking van nuwe lisensies om vuurwapens te besit, te koop of te dra gestaak na verlede se dodelike skietvoorval by ʼn skool. ʼn Veertienjarige seun het sy grootouers met sy oupa se vuurwapen doodgeskiet voor hy by die Debsirin Nonthaburi-skool buite Bangkok op mense losgebrand het. Vyf personeellede en […]
# Die Stad Tshwane het in die tweede kwartaal vanjaar 22-duisend werksgeleenthede bygevoeg. Volgens Statistiek Suid-Afrika het die metro se amptelike werkloosheidsyfer met 2,6-persent gedaal, van 36,8-persent tot 34,2-persent. Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya se woordvoerder, Zintle Mahlati, sê terwyl Tshwane werksgeleenthede bygekry het, het Johannesburg in die kwartaal sowat 28-duisend en Ekurhuleni omtrent drie-duisend werksgeleenthede verloor. […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Elena Rybakina, het Naomi Osaka van Japan verslaan en is deur na die Kanadese Ope-halfeindronde in Toronto. Die Kazakstaniër kom teen Coco Gauff te staan nadat Belinda Bencic van Switserland weens ‘n heupbesering aan die kwarteindstryd teen Gauff onttrek het. In die ander halfeindstryd sal die Pool Iga Swiatek teen Elina […]
# Cosatu sê moedige en bepalende optrede is nodig om die land se werkloosheidskrisis te takel. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het met 0,9-persent gestyg van 32,7-persent in die eerste kwartaal vanjaar tot 33,6-persent in die tweede kwartaal. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die omvang van die krisis vereis ʼn aggressiewe stimuluspakket om die ekonomie aan die gang […]
# Die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur, NATJOINTS, sê alle beskikbare hulpbronne is ontplooi om die veiligheid van 12 staats- en regeringshoofde te verseker wat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se beraad op 16 en 17 Augustus in Durban bywoon. Omvattende voorbereidings vir sekuriteit is reeds in plek by die Durban Internasionale Konvensiesentrum, en intelligensiestrukture monitor die […]
# Netbal: Kaapstad het ‘n naelskraapse oorwinning van 56-55 oor Tshwane behaal en die nasionale kampioenskapstitel ingepalm in Kaapstad. Sigi Burger het in die laaste oomblikke die wendoel aangeteken. Mangaung het ‘n spannende oorwinning van 45-44 oor Johannesburg behaal in die uitspeelstryd om derde plek. In die Onder 21-afdeling het die verdedigende kampioen, Johannesburg, Tshwane […]