Skip to content

China het nou meer geïnstalleerde sonkrag as die res van die wêreld saam

# China se Nasionale Energie-administrasie sê die land se geïnstalleerde sonkrag-vermoë het teen die einde van Julie 1,286-miljard kilowatt bereik. Geïnstalleerde sonkrag-vermoë het die eerste keer steenkool-krag verbygesteek om die grootste kragbron in China te word. China het in die eerste sewe maande van vanjaar meer as 86 gigawatt sonkrag bygevoeg, wat die algehele sonkragvermoë met sowat 16-persent laat styg teenoor die vorige jaar. China het nou meer geïnstalleerde sonkrag as die res van die wêreld saam.