Nuus 12:00
BULLETIN 2 September 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Amerikaanse Kongres keur die verlenging van AGOA tot 2028 goed
# ‘n Verslag onthul waarskuwingstekens was sigbaar dae voor die dodelike gletser-instorting in Nepal en Tibet
# En rugby: Die Bokke se skrumafrigter ontken bewerings van indringing in skrums
# Die Amerikaanse Kongres het ‘n verlenging van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika goedgekeur tot einde 2028. Dis in 2000 ingestel en bied kwalifiserende lande in Afrika suid van die Sahara, insluitend Suid-Afrika, belastingvrye toegang vir meer as een-duisend-800 produkte tot die Amerikaanse mark. Die Demokratiese kongreslid, Terri Sewell, sê AGOA versterk ekonomiese bande, skep geleenthede vir Amerikaanse werkers en ondernemings, en steun ekonomiese groei in Afrika:
# FNB se senior landbou-ekonoom, Paul Makube, sê vandag se skerp brandstofprysverhoging kom op ‘n kwesbare tyd vir die landbousektor, slegs weke voor die begin van die somergewas-produksieseisoen. Petrolpryse het met een-rand-34-sent per-liter gestyg, en dieselpryse met tussen twee-rand-93- en drie-rand-15-sent per-liter. Makube sê die jongste styging in dieselpryse dui aan kostedruk kan weer begin opbou in die landbou-voedselwaardeketting:
# Die Spesiale Ondersoekeenheid verwelkom die inhegtenisneming van die sindikaatbaas Joel Govindraju in verband met die ondersoek na meer as twee-miljard-rand wat deur tenderbedrog van die Tembisa-hospitaal in Gauteng geplunder is. Hy staan tereg op verskeie aanklagte in verband met die beweerde verkryging van mediese voorraad en toerusting. Die SOE beweer die Govindraju-sindikaat het sowat 600-miljoen-rand van die hospitaal verduister. Die 37-jarige is uit op borgtog van 200-duisend-rand. Die SOE sê hy bly vasbeslote om korrupsie uit te roei in staatsdepartemente, munisipaliteite en openbare instellings.
Nuus uit die buiteland:
# ‘n Verslag toon die gletser wat verlede week ingestort en die dodelike oorstromings in Nepal en Tibet veroorsaak het, het dae vooraf sigbare tekens van onbestendigheid getoon. Die dodetal is tans meer as een-duisend-100 en sowat vier-duisend mense word steeds vermis. Die verslag deur ‘n groep internasionale wetenskaplikes lui dat aanduidings voor die gebeure satellietbeelde insluit wat ‘n verandering in die gletser se oppervlak toon. Die wetenskaplikes sê waarskuwingstye van tien minute of meer en omvattende stelsels met die nodige hulpbronne kon ‘n aansienlike aantal lewens gespaar het.
# Rugby: Die Springbokke se skrumafrigter, Daan Human, sê dis nie in sy aard om te probeer kul of sy spelers onwettige skrumopdragte te gee nie. Nieu-Seeland se afrigter, Dave Rennie, het Suid-Afrika beskuldig van onderduimse taktiek in die skrum. Hy beweer die Bokke loop om hul teenstanders in die vaste fasset. Human sê hulle sal selfs harder werk om hul skrumwerk reg te doen, met die klem op basiese oorheersing:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-14-sent teen die dollar, 18-rand-69-sent teen die euro en 21-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-278-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-325-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 97-dollar-18-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….