Nuus 12:00
BULLETIN 13 Februarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Hof sê die aanhouding van ongedokumenteerde buitelanders tydens asielaansoekprosesse is nie onregmatig nie
# Die Suid-Afrikaanse Windenergie-vereniging verwelkom die uitstel van die spertyd vir die Geïntegreerde Hulpbronplan
# En, Krieket: Die Proteas toon verbetering op dag een van die tweede toets teen Nieu-Seeland
# Die Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg het verduidelik die aanhouding van ongedokumenteerde mense tydens die asielaansoekprosesse, is inherent nie onregmatig nie. Hierdie uitspraak volg op Ethiopiese burgers wat aanhouding, vervolging of deportasie wil voorkom totdat hul vlugtelingstatus bepaal is. Hulle voer aan aanhouding tydens asielprosesse is onwettig. Die hof het verduidelik vrylating gebeur nie outomaties vir asielsoekers wat die land onwettig binnegekom het nie.
# Die ANC in Gauteng sê die Konstitusionele Hof se beslissing oor die party se kaderontplooiingsrekords is ‘n oppervlakkige oorwinning vir die DA. Die hof het die regerende party vyf dae kans gegee om sy kaderontplooiingsrekords sedert Januarie 2013, toe president Cyril Ramaphosa voorsitter geword het, te oorhandig. Die voorsitter van die ANC in Gauteng, Panyaza Lesufi, sê die party ontplooi nie enige lid wat nie vir die werk gekwalifiseer is nie. Hy voeg by daar is ʼn ernstige misverstand oor wat kaderontplooiing is:
# Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Mbali Hlophe, om toe te sien dienslewering aan inwoners gaan nie agteruit ná die skorsing van 13 senior amptenare nie. Die skorsing van die amptenare volg op ‘n ondersoek na die departement se befondsing van organisasies sonder winsbejag. Refiloe Nt’sekhe van die DA sê die LUR moes die besluit om die dertien te skors met deursigtigheid hanteer het, terwyl verskeie tekens reeds op ‘n krisis in die departement dui:
# Die Suid-Afrikaanse Wind-energie-vereniging het die uitstel vir kommentaar op die voorlopige Geïntegreerde Hulpbron-plan tot 23 Maart verwelkom. Die I-R-P is ‘n kragopwekkingsplan wat elektrisiteitsvoorsiening wil verseker. Die vereniging se uitvoerende hoof, Niveshen Govender, sê die uitstel sal die Departement van Minerale Bronne en Energie geleentheid gee om president Cyril Ramaphosa se plan vir meer hernubare energie te inkorporeer vir ‘n kragtiger, inspirerende IRP wat deurlopende elektrisiteit sal verseker.
# Krieket: Die Protea-kolwer, David Bedingham, sê dit was vir die span belangrik om van die begin af ‘n aggressiewe benadering te volg in die tweede toets teen Nieu-Seeland. Suid-Afrika het gekies om eerste te kolf met verskeie kolwers wat goed begin het, maar na 20 of 30 lopies vasgeval het. Die besoekers het met uitskeityd op dag een op 220 vir ses gestaan, met Ruan de Swardt onoorwonne op 55 en Shaun von Berg op 34. Bedingham sê hulle kon nóg beter gevaar het:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-83-sent teen die dollar, 20-rand-28-sent teen die euro en 23-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 50-duisend-65-dollar-39-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-24-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-17 sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….