Skip to content

Verslag onthul waarskuwingstekens was sigbaar dae voor die dodelike gletser-instorting in Nepal

# ‘n Verslag toon die gletser wat verlede week ingestort en die dodelike oorstromings in Nepal en Tibet veroorsaak het, het dae vooraf sigbare tekens van onbestendigheid getoon. Die dodetal is ​​tans meer as een-duisend-100 en sowat vier-duisend mense word steeds vermis. Die verslag deur ‘n groep internasionale wetenskaplikes lui dat aanduidings voor die gebeure satellietbeelde insluit wat ‘n verandering in die gletser se oppervlak toon. Die wetenskaplikes sê waarskuwingstye van tien minute of meer en omvattende stelsels met die nodige hulpbronne kon ‘n aansienlike aantal lewens gespaar het.