# ‘n Moontlike Iranse bedreiging het president Donald Trump verlede maand gedwing om ná die NAVO-beraad in die geheim op Turkye se Ankara-lughawe van Air Force One via ‘n spysenieringshouer na ‘n militêre straler te verskuif. Volgens berigte het die VSA van ‘n geloofwaardige Iranse dreigement uitgevind om ‘n missiel op die vliegtuig af te […]
# Die DA sê dit is duidelik dat Suid-Afrika se werkkrisis slegs vererger aangesien ekonomiese hervorming veels te stadig plaasvind om groei vinnig genoeg aan te spoor om werk te skep. Die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname toon dat die land se amptelike werkloosheidsyfer met 0,9-persentasiepunte gestyg het, van 32,7-persent in die eerste kwartaal van hierdie jaar […]
# Rise Mzansi sê die stygende werkloosheidsyfer toon die regering het ‘n nuwe benadering tot die ekonomie nodig. Die jongste arbeidsmagopname toon werkloosheid staan op 33,6-persent. Die party vra daarom dringende hervormings aan plaaslike regering, asook verbeterings aan water-, energie- en vervoerinfrastruktuur om ekonomiese groei en werkskepping te ondersteun. Mabine Seabe van Rise Mzansi sê […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge vra die Parlement om die Nasionale Waterwysigingswetsontwerp te skrap en waarsku dit kan landbou benadeel, die ekonomie verswak en voedselsekerheid bedreig. Volgens die organisasie kan die wetsontwerp beleggings ontmoedig, ekonomiese groei vertraag en werkloosheid verhoog. Anthea Jeffery van die instituut sê veilige eiendomsregte op grond en water is noodsaaklik vir […]
# Die aanklaer in die Direktoraat Teen Korrupsie, Drushantha Ramsamy, het voor die Madlanga-kommissie getuig dat die voormalige IDAC-hoof Andrea Johnson haar opdrag gegee het om SAPS-brigadier Ashnie Krishnadatta te teiken. Krishnadatta het na Khan se skorsing in ‘n waarnemende posisie in die Keuringsdepartement by hom oorgeneem. Ramsamy het aan die getuienisleier Lee Segeels-Ncube gesê […]
# Die vakbond Solidariteit sê drie nuwe konsepregulasies ingevolge die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette kan die onafhanklikheid van openbare skole verminder. Die vakbond sê die regulasies kan provinsiale onderwysamptenare groter beheer gee oor skoolbeheerliggame, onderwyserontwikkeling en personeelbetalings. Johnell Prinsloo van Solidariteit sê skole het meer buigsaamheid nodig om besluite oor hul eie behoeftes te neem. […]
# Rugby: Die slot Miles Amatosero sal minstens die Wallabies se volgende wedstryd misloop na sy rooikaart tydens verlede naweek se oorwinning oor Japan in Osaka. Hy is in die 33ste minuut afgestuur vir gevaarlike spel. Amatorsero sal nie in die komende naweek se terugkeerwedstryd in Townsville speel nie, en sal ook ‘n klubwedstryd vir […]
# Krieket: Draaibouler Björn Fortuin sal die Proteas in die T20-driehoekreeks in Namibië aanvoer, asook in ‘n eendagreeks. Suid-Afrika en sy mede-gashere vir volgende jaar se eendagwêreldbeker, Namibië en Zimbabwe, sal vanaf die 28ste in die hoofstad Windhoek speel, gevolg deur drie eendagwedstryde teen die gashere. Die broers van twee Proteas is gereed om ook […]
# Die Ministerie van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het ‘n wetsontwerp ingedien om die Wet op Oproerige Byeenkomste uit die apartheid-era te herroep en te vervang met nuwe wetgewing oor sameswering en aanhitsing om ernstige oortredings te pleeg. Minister Mmamoloko Kubayi het aan die media gesê die veranderinge sal die wet in lyn bring met […]