# ActionSA sê die Parlement se besluit om die aanbeveling van advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier te herroep, is ʼn klassieke voorbeeld van Stalingrad-vertragingstaktieke. President Cyril Ramaphosa het beswaar gemaak teen Madonsela se aanstelling en moontlike botsing van belange aangevoer, insluitend dat hy voorheen regsadvies oor die ampsklagproses aan die ANC gegee het. ActionSA-woordvoerder Lerato Ngobeni sê prosedurele regverdigheid mag nie nou prosedurele oneindigheid word nie en waarsku die Parlement verruil moontlik een dooiepunt vir ʼn ander:
ActionSA sê Mandonsela se onttrekking as Ampsklagkomitee se getuienisleier is vertragingstaktiek [KLANK]
ENG NgobeniONPhalaPhala