# Lesings is op verskeie kampusse van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie opgeskort, nadat studente dit tot stilstand gebring het met betogings oor verskeie bekommernisse, insluitend die voorgestelde finansiële plan vir 2027. Studente is ook ongelukkig oor ‘n verpligte voorafbetaling van sewe-duisend-rand vir akademiese en koshuisregistrasie. Die president van die Studenteraad, Liyabulela Gela, sê […]
# Die Kaapse Vlakte Veiligheidsforum dring aan die nuutaangestelde Wes-Kaapse polisiekommissaris, Sizakele Dyanti, moet ‘n ander benadering volg as sy voorganger, Thembisile Patekile. Dyanti begin op 1 September in die pos. Die oproep volg op die dood van 11 mense hierdie naweek in afsonderlike voorvalle regoor die provinsie. Abie Isaacs van die forum sê Dyanti […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het vier groot infrastruktuurbeleggingsgeleenthede verwelkom wat aan plaaslike en internasionale ontwikkelingsfinansiers in Sandton aangebied is. Die projekte behels behuising, lugvaart, grootmaatwater en energie, met ‘n gekombineerde skuldfinansieringsvereiste van meer as 53-miljard-rand. Macpherson sê Infrastructure South Africa verbind geloofwaardige projekte met beleggers om hulle na finansiële […]
# Die Ministerie van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het strenger wette voorgestel om onwettige mynbou hok te slaan, insluitend boetes van tot 100-miljoen-rand en tronkstraf van tot 30 jaar. Die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Algemene Mynwette maak ook voorsiening dat dit ‘n misdryf sal wees om onwettige mynbedrywighede te ondersteun of te help bedryf. Minister Mmamoloko […]
# Advokaat Drushantha Ramsamy van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie het voor die Madlanga-kommissie getuig oor gerugte dat brigadier Dineo Mokwele se pa, die senior Valke-offisier brigadier Mapome Mohajane, van omkopery aangekla is. Ramsamy sê dit het die indruk geskep dat die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, vir Mokwele aangestel het as ‘n guns vir haar […]
# ActionSA doen ‘n beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag om ‘n nolle prosequi-sertifikaat uit te reik aan die families van die drie Lily-mynwerkers wat in 2016 oorlede is. Matthew George van die party sê die sertifikaat sal die families toelaat om privaat vervolging in te stel nadat die NVG besluit het om nie strafregtelike op […]
# Sokker: Die Argentynse ster-speler Lionel Messi se regspan oorweeg glo regstappe teen plaaslike mediagroepe oor beweerde skending van privaatheid tydens die afskeidseremonie vir sy pa, Jorge, wat die naweek dood is. Die familie het blykbaar beswaar gemaak teen media-dekking van die privaat diens in Rosario. Messi, wat onlangs teruggekeer het huis toe om sy […]