# Die voorsitter van die parlementêre Ampsklagkomitee, Makashule Gana, het politieke partye tot Vrydag kans gegee om nog benoemings vir ʼn getuienisleier in te dien. Die komitee het sy besluit herroep om advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier aan te stel van sy ondersoek teen president Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-sage. Ramaphosa het beswaar gemaak […]
# Nepal se minister van Buitelandse Sake, Shisir Khanal, sê hy hoop steeds die byna vierduisend mense wat vermis word na verlede week se dodelike kitsvloede, kan nog gered word. Onder die vermistes is meer as 600 werkers wat vermoedelik vasgekeer is in ‘n groot netwerk van moddergevulde tonnels by hidrokragaanlegte langs die Trishuli-rivier. Die […]
# Krieket: Suid-Afrika het ‘n oorwinning van 43 lopies oor Zimbabwe in hul Namibië T20-driehoekreeks behaal om hul plek in die eindstryd in Windhoek so te sê te verseker. Lhuan-dré Pretorius het 94 lopies van 51 balle aangeteken en ‘n openingsvennootskap van 68 met Jordan Hermann gedeel, voor ‘n tweede paaltjie-vennootskap van 86 met Dewald […]
# Die Verkiesingskommissie sê hy het die ANC nie ‘n bykomende geleentheid gegee ná die 17:00-sperdatum van Vrydag verlede week om sy kandidaatlyste in te dien nie. Die party het versuim om sy lyste vir verskeie Oos-Kaapse munisipaliteite in te dien weens ‘tegniese probleme’ met die kommissie se kandidaatvasleggingstelsel. Die ANC beweer hy het die […]
# Die Beaufort-Wes Munisipaliteit in die Wes-Kaap het vir die eerste keer in ses jaar ‘n befondsde begroting aanvaar, wat vordering in sy finansiële herstel aandui. Die munisipaliteit is in 2022 onder finansiële ingryping geplaas nadat hy gesukkel het om sy rekeninge en personeel te betaal. Sedertdien het sy ouditresultate verbeter en gekwalifiseer vir skuldverligting […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik het Eskom se besluit verwelkom om nie langer elektrisiteit na dele van Johannesburg af te sny nie, nadat die stad vyf-miljard-rand se agterstallige skuld vereffen het. OUTA sê die onmiddellike bedreiging van kragonderbrekings is verwyder, maar vrae bly voortbestaan oor hoe die skuld betaal is en of die oplossing sal […]
# Die DA in Limpopo doen ‘n beroep op dringende herstelwerk aan die gevaarlike D447-pad tussen Kgapane en Tzaneen. Die party sê ‘n rehabilitasieprojek van 19-miljoen-rand moes teen Augustus verlede jaar voltooi gewees het, maar die pad is steeds in ‘n swak toestand. Marie Helm van die DA sê dele van die pad stort ineen […]
# Krieket: Die voormalige Engelse kaptein, Ben Stokes, sal van Desember vir Adelaide Strikers speel in Australië se Big Bash-liga. Hy het in Junie uit die internasionale spel getree. Stokes sal volgens berigte teen 5,76-miljoen-rand een van die duurste spelers in die T20-liga word. Adelaide word afgerig deur die voormalige Australiese kaptein Tim Paine, wat […]
# Krieket: Die jong Proteas-snelbouler Kwena Maphaka glo hy sal Kagiso Rabada se rol in hierdie maand se tuis-eendagreeks teen Australië kan vul. Rabada is weens ‘n besering uitgesluit en sal nie terugkeer voor volgende maand se toetsreeks teen die Aussies nie. Die twintigjarige Maphaka sê hy is vol vertroue in sy vermoëns nadat hy […]